www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

MOHOKARE REKORD CHRISTMAS EDITION

Page 1

Page 2


REKORD | 02 | CHRISTMAS 2021

Liewe leser, So kom ‘n jaar tot ‘n einde wat vir ons vir nog jare sal bybly. ‘n Jaar van genade. ‘n Jaar van hoop. ‘n Jaar van verandering. maar ook ‘n jaar vir ‘n nuwe begin… Ons het geleer dat dit nie oor wat ons het gaan nie maar saam met wie ons dit het. Ons het geleer om met baie minder oor die weg te kom. Danksy u getroue ondersteuning sluit ons die jaar met meer as 217 000 lesers af wat elke week een van ons 60 digitale koerante lees. Ons is dankbaar vir die voorreg om elke week u keuse van nuusbron te wees. Mag u gedurende die tyd die oomblik meer waardeer as die geskenke rondom die kersboom. Geniet elke oomblik en wees versigtig. COVID-19 is nog steeds met ons. Rekord groete

Corné van Noordwyk


REKORD | 03 | ADVERT


REKORD | 04 | CHRISTMAS 2021


REKORD | 05 | ADVERT

Paper gift bag

You can use any nice wrapping paper, coloured sheets, or simple brown paper. You can make your bags in any size and it’s perfect to wrap oddly shaped items. It takes just a few minutes to make a pretty bag. Here is what you'll need: Wrapping paper Scissors Scotch tape/Sellotape/Glue Hole punch Ribbon STEP 1 Cut a rectangle of paper big enough to cover your item, approximately twice the size of the finished bag. Place your paper on a flat surface, nice side down. Fold the right and left sides down to the middle until they overlap a little. Tape or glue them together. STEP 2 Make a fold with the bottom of your gift bag. Press it and unfold. STEP 3 Open the bottom fold and flatten each corner to make triangular shapes. Press the paper to well mark the folds. STEP 4 Fold each side of the bottom toward the middle, they must overlap some, and tape them in place. STEP 5 Place your present into the bag and close it making a fold on top. You can just tape the flap or if you like a nice finish, punch two holes and pass a ribbon through. Make a knot, add a gift tag, and maybe a gift topper, and done! You just finished your DIY paper gift bag.


REKORD | 06 | CHRISTMAS 2021

Sage, walnut and apples, paired with succulent pork fillets, is the perfect combination with which to entice and tantalise the senses.. INGREDIENTS 10ml oil 1 red onion 5ml Robertsons Sage 1 red apple, cubed 1 green apple, cubed 2 pork fillets, whole 100ml walnuts, chopped finely 1 pinch Robertsons Atlantic Sea Salt Robertsons Freshly Ground Black Pepper (to taste) 6 rashers bacon 1 x KNORR Sausage Gravy METHOD Preheat oven to 180°C. Fry onion, apple and sage in a little oil until soft. Stir in walnuts and set aside. Slit the fillets down the length and divide the apple mixture evenly. Wrap the bacon around each fillet and secure. Place in the oven for 30 minutes and roast till cooked though at 180°C. Serve with brown rice, vegetables and KNORR Sausage Gravy prepared as per packet instructions.

Chicken, Tomato & Olive Bake If you feel like treating yourself to a taste of the Mediterranean, why not try this simple yet delicious chicken recipe? INGREDIENTS 90ml hot water 1 x KNORR Chicken Stock Pot 45ml olive oil 1 punnet cherry tomatoes 4 chicken breast fillets 8 slices bacon 30ml lemon juice 80ml fresh basil leaves 50g black olives, pitted

800g potatoes, peeled and quartered

When potatoes are ready place the wrapped chicken breast on top of the potatoes and METHOD scatter with cherry tomatoes and olives. Preheat oven to 200°C. In a jug combine the remaining olive oil, Place potatoes into a roasting pan and KNORR Chicken Stock Pot, lemon juice and drizzle with 30 ml olive oil. hot water. Toss well then roast in the oven for 30 Pour this over the chicken and roast for 20 minutes or until lightly golden and crispy. minutes or until the chicken is cooked Meanwhile wrap two pieces of bacon around through and golden. each chicken breast. Serve sprinkled with basil leaves.


REKORD | 07 | CHRISTMAS 2021

Tert se Krismis

Ek brand al van lankal af om hierdie storie te vertel, maar ek het uitgehou tot nou toe. Merkwaardig, al moet ek dit self sê. As ek 'n storie hoor, dan moet hy vertel word, maar hierdie een moes ek mee wag. Verlede jaar, besluit Tert en Lien dat, aangesien hulle kinders elkeen hulle eie koers gaan inslaan gedurende Kersfees, hulle nie stoksielalleen by die huis gaan sit nie. Tert wou weg na waar dit stil is. Geen blink liggies en goeters nie. Net die stilte. 'n Paar dae voor Kersfees het ons gaan groet en geskenke geruil. Ons sou hulle eers weer na Nuwejaarsdag sien. Met hulle terugkeer het ons gaan hallo sê en voorspoedige Nuwejaar en alles. "Nou waar was julle toe?" wou ek nuuskierig weet. "Noord-Kaap" sê Tert. "Ek het nie geweet julle het familie daar nie?" vis ek verder uit. "Nie gehad nie, maar nou het ons." "Nou maar hoe werk dit?" hou ek vol. "Jy't ook geen einde nie. Sal nou aanhou karring en karring tot jy jou storie het," sê Tert. "Maar jy weet mos. Ek dood oor 'n storie." "Nou maar fyn. Sit terug en luister." Ek is kinderlik bly oor die vooruitsig van 'n storie. "Toe ek en Lien hier weg is, het ons regtig nie 'n idéé gehad waarheen ons nou eintlik wil gaan nie. Ons het by Jasmyn gestop vir ontbyt toe Lien sê sy wil Laeveld toe. Maar ek het gesê nee, daar is óók te veel mense. Ek soek stilte. "'Nou maar dan moet jy woestyn toe,' sê sy toe half op rukkerig. 'Die kans is goed dat dit net ek en jy sal wees', en sy skud haar hare. As sy so maak moet ek weet: sy is nou krapperig.' "Ek het haar aangekyk. Jy is geniaal, weet jy, sê ek vir haar. "'Ek weet' kom dit selfvoldaan. Haar stemming het verbeter. "'Nou waar sal ons dan heengaan?' wou sy weet. "Nee, ek weet nie. Ons ry maar soos wat die stuurwiel draai en die pad ons vat. "Na ontbyt klim ons weer in die wa en ek draai Rustenburg se kant toe. Op Lichtenburg draai ons toe weg Vryburg se koers in. Daar het ons die aand geslaap. By die gastehuis op Vryburg, vertel iemand vir ons van die pad al op die Botswanagrens langs, die Molopo in tot by Van Zylsrus. Dis 'n tweespoorpad maar onbeskryflik mooi sê die man. "Die volgende oggend na ontbyt gryp ons die pad. Later is ons van die teer af op 'n grondpad. Die grondpad word toe wel later 'n tweespoorpaadjie, en die wêreld is vreeslik mooi. Die mooiste kameeldorings en af en toe 'n koedoe of twee, drie, en selfs 'n troppie gemsbokke. Deur plase en seker 'n honderd hekke moes ek iewers verkeerd afgedraai het, want toe raak die paadjie amper weg. "Ons plan was om op Van Zylsrus te gaan slaap soos wat die ou op Vryburg vir ons beduie het, maar skielik het dit na 'n bitter skrale moontlikheid gelyk. Ons was in ons kanon in verdwaal. Die son was besig om te sak. Dit was Oukersdagaand, en ons was in die middel van nêrens, maar vreemd genoeg, dit was asof daar 'n groot kalmte oor my gekom het. Ek het vir Lien gekyk. "'Dis lekker hier', sê sy toe. 'Ons slaan ons tentjie sommer net hier op en ons slaap net hier in die veld onder die sterre. Hier

is nou so min mense, dis wraggies net ons twee.' Sy giggel avontuurlik. "Ons klim uit die wa uit en Lien kom staan in my arms. 'Kyk hoe mooi is die sonsondergang' sê sy. Lank het ek so gestaan met haar kop teen my bors totdat die son agter die horison weggesak het. Om ons het die nag begin wakker word. Ons het nog so gestaan, toe ons 'n vreemde geluid hoor. So 'n klingel-klingel geluid. Terwyl ons nog rondkyk kom daar 'n donkiekarretjie om die draai. "'Ek sê vir die vrou ek moet loop kyk. Ek dink ek hoor iets,' sê die oompie op die bankie toe die karretjie langs ons tot stilstand kom. "Ek draai om en kyk na die oompie. Rateltaai en voos gebrand deur die son sit hy daar. "'Kom, meneer-hulle kan nie hier in die vlak slaap nie. Die vrou het al klaar julle kamer reggemaak.' Dis duidelik dat die oom nie nee vir 'n antwoord gaan vat nie. "'Sal Oom omgee as ek saam met Oom ry? Ek het nog nooit op 'n donkiekarretjie gery nie,' vra Lien toe opgewonde. "'Alte seker Mevrou. Wag ek help vir Mevrou,' sê die oom en help vir Lien tot op die bankie. Stadig kruie ons daar met die slingerpaadjie aan tot by die huisie. Lien waai vir my van die bankie af. Sy is so opgewonde soos 'n skoolkind. "Die huisie is skoon en netjies op 'n eenvoudige manier. Die tante kom op die stoep uit toe ons stilhou. "'Maar welkom hier by ons, Hennerik vat die meneer-hulle se goed en sit dit in die spaarkamer kom nader die ketel kook al,' sê die tante alles in een asem. "Toe ons in die kombuis instap, ruik ek die geurig gekookte kos, en die brandende paraffienlamp op die wit geskropte tafel. "'Kom ek wys vir Mevrou waar die badkamer is Mevrou wil seker eers bietjie hande en gesig was voor ek koffie skink.' Weer alles in een asem. "Ek help die oompie om ons bagasie kamer toe te dra. 'Maar hoe is dit dat die tante die kamer so vinnig reggemaak het,' wil ek by die oompie weet. 'Nee, Meneer sien, die vrou maak elke jaar so 'n week voor Kersfees al die kamer reg. Maar ek sal later vir Meneer die storie vertel. Kom was eers hande en dan gaan drink ons koffie.' "Later, toe ons aan tafel sit, merk ek dat die tante nie net vir twee gekook het nie. Dit lyk asof sy ons verwag het. 'Hoe is dit dan dat dit vir my lyk asof tante ons hier verwag het', vra ek nuuskierig. "'Maar natuurlik het ek mense verwag die Liewe Heer stuur elke jaar vir ons mense vir Kersfees Hy het nog nie een jaar oorgeslaan vandat die kinders hier weg is stad toe nie ek het Hom so gevra en Hy het so gedoen.' Punte en kommas bestaan nie vir die tante nie. "'Hoe dan so, tante?' wil ek weet. "'Nee meneer sien ons is eintlik afstammelinge van die Griekwas wat vroeër jare hier deurgetrek het en onse kinders het nooit die liefde vir die wêreld gehad soos ons dit het nie en jare terug het hulle besluit hulle is moeg vir die wêreld met sy hitte en droogtes en goed en op 'n dag het hulle net besluit om weg te trek en tot nou toe het ons nog nie weer 'n woord van hulle gehoor nie dis vanjaar al vyftien jaar dat hulle weg is .' "Die tante skep asem. Die oom

vat oor. 'Net voor die eerste Kersfees nadat die kinders hier weg is, sê ek vir die vrou, ek sê Ma, ek kan nie hierdie jaar Kersfees hou nie. Die kinders is weg en dis net ons twee en my hart is seer en sal net seerder word hier oor die Groot Dae. Wat gaan ons maak?' "'Sy sê toe, Hennerik, moet nou nie daaroor wakker lê nie ek het reeds vir onse Hemelse Vader gevra om vir ons mense te stuur vir Kersfees more gaan ek die spaarkamer begin regmaak en jy moet kom hjelp.' "'Dit was 'n week voor Kersfees . Die volgende dag het die stof gestaan soos die vrou alles begin regmaak het, en ek het angstig gehoop dat die Vader vir haar gehoor het en dat sy nie teleurgestel sal wees nie.' "Die tante val in. Hennerik het gesê die Here het ons nie alleen gelos nie.' "Die eenvoud, geloof, vertroue en die opregtheid van die mense het my aangegryp," vertel Tert. "Nadat ons geëet het, het die oompie die dankgebed gedoen en toe strammerig opgestaan. 'Sit julle net so. Ek gaan net die Bybel haal.' "Toe die oom terug kom, gee hy vir my die Bybel aan. "'Sal Meneer asseblief vir ons lees. Nie ek of die vrou het enige gelerendheid nie en al wanneer ons die Bybel uithaal is wanneer hier mense kom wat dan vir ons lees. Verder sê ek maar die stukkiekies op wat so met die jare saam in my kop vasgesteek het, of wat ek nog in die Sondagskool uit my kop moes geleer het. My pa-hulle het ons nie skool toe kon stuur nie, maar ons moes elke Sondag kerk toe gaan en daarna was dit Sondagskool.' "Ek maak die Bybel oop. 'Wat moet ek vir oom-hulle lees?' "'Lees vir ons asseblief die geboorteverhaal. Soos wat dit in Lukas staan.' "'Ja, asseblief,' kom dit van die tante, 'dis baie mooier daar as in die ander boeke van die Bybel.' "Terwyl ek rondblaai, kry ek die reuk van mottegif. Hier en daar is 'n foto'tjie tussen die blaaie gebêre. Ek begin lees. "Die kombuis het amper 'n heilige plek geword. 'n Katedraal. Ek lees van Maria en die Kind. Van die stal en die krip. Van die herders en die wyse manne. Die stil toe ek die Boek toemaak. "Die oom sit met sy hande in eerbied gevou. Deur die kombuisvenster het die volmaan groot en wit oor die kameeldorings gelê. Saggies begin die tante Stille Nag te sing. Haar oumensstem is krakerig, maar vir ons het dit die klank van 'n nagtegaal gehad. Dis asof van iewers af die engele saamgesing het. Die oom het met sy dreunstem ingeval en Lien kort na hom. Ek het probeer, maar die knop in my keel was te groot. Ek kon net fluister. Ek het daar lief geword vir hierdie twee eenvoudige, maar opregte mense. "'Ek wens daar was iets wat ons vir die twee oues kon doen,' sê ek later vir Lien toe ons in die bed lê. "'Hulle het alles wat hulle nodig het,' sê Lien. 'Wêreldsgoed beteken vir hulle niks nie. As ons iets wil doen, moet ons bid en vra dat die Here hulle kinders sal laat terugkom.' Lees verder op Bladsy 8


REKORD | 08 | CHRISTMAS 2021

Tert se Krismis "Daar langs die bed het ons toe gekniel en vir die Here gevra om tog ook aan die oumense se hartseer te dink en hulle kinders te laat terugkom. Met 'n tevrede gemoed het ons die kers doodgeblaas en aan die slaap geraak. "Die oumense was baie bly toe ons vra of ons 'n paar dae langer kan bly. Ons kon eenvoudig nie genoeg van hulle gasvryheid kry nie. Ons het saam met hulle lang ente met die donkiekarretjie in die veld gery, en dit was veral vir Lien baie lekker. Dit het my laat besef hoe leeg ons lewens regtig geword het. As ons kuiermense kry, dan vat ons hulle na een of ander Mall of 'n ding toe, maar hier is 'n rit op 'n donkiekar in die veld 'n siele lafenis. "Oujaarsdag middag, toe ons terugkom van die veld af, sien ons die vreemde kar onder die kameeldoring staan. "'Haai kyk pa ons het nog mense gekry is dit nou nie vir jou wonderlik nie?' "Dis toe die figuur om die hoek van die huis kom dat die oom die teuels styf pluk. Die donkies het nog nie eers behoorlik stilgestaan nie, of die oom spring af en storm vooruit. "'Hennerik! Hennerikkie my seun!' Die oom huil. "'Pa!' roep die man van die hoek af. 'Pa!' Toe is hulle in mekaar se arms. Die pa en sy seun. "Die tante kom ook by. 'Hennerik . . . Hennerikkiekie, is dit regtig jy, my kind?' Die tante se vreugde ken geen perke nie. Hulle omhels mekaar. "'Wag Ma, Pa, hier is nog mense.' Toe sien ons die ander mense wat om die hoek kom. "'Freek!' roep die oom. 'Freek, ag my seun. Ek is so bly. Die Here is vir ons goed. En die ander? Wie is hulle?' "'Pa, Ma, ontmoet ons vrouens en julle kleinkinders.' "Toe het daar voor ons oë 'n ding gebeur wat in my geheue ingegraveer is en wat ek sal onthou tot die dag van my dood," sê Tert. "Die oom sak daar op die warm kalaharisand op sy knieë neer en bid 'n dank- en lofgebed waarvan ek die gelyke nog nie gehoor het nie. Soos 'n Abraham van ouds. Op sy knieë met sy hande na bo uitgestrek. "Ek en Lien het na mekaar gekyk. Trane het in Lien se oë geblink. Ons het op heilige grond gestaan. Ons gebed is verhoor. Die Here het vir ons gegee presiés wat ons van Hom gevra het." (Skrywer onbekend)

Hierdie Bybel..

... vertel van voor tot agter van Jesus Christus. Ons vier een van die dae Kersfees en dit is vir ons 'n viering van die grootste gebeurtenis in die mens se geskiedenis. Hierdie Boek het dit lank reeds voorspel en alles het presies uitgespeel soos wat die Bybel sê. Daar is baie profesieë wat almal reeds waar geword het, en daarom kan ons ook glo dat dit wat voor ons lê ook waar sal word, presies soos wat Jesus gesê het. Die belangrikste is: "Ek kom weer."

verleentheid in ’n geleentheid. Die Here maak reguit wat krom lyk. Die Here gebruik gewone mense om Sy goddelike doel te bereik. In Luk. 1:30 hoor Maria ook: moenie bang wees nie. Sy moenie bang wees nie want die Heilige Gees het oor haar gekom en God het genade aan haar bewys. Sy moenie bang wees nie, want niks is vir God onmoontlik nie. Al is sy jonk, onseker en gering gebruik die Here haar as rolspeler in die grootste gebeurtenis ooit.

Maar kom ons kyk net na enkele tekste. Gen 1:26 "Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” Sien jy die woord "Ons" raak? Dit dui op meervoud wat natuurlik verwys na die Drie-eenheid. JESUS WAS DAAR.

Miskien is dít jou Kerfeesboodskap van God af hierdie jaar: moenie bang wees nie, want God bewys genade aan jou en vul jou met Sy krag deur die Heilige Gees wat in jou woon. Niks is vir Hom onmoontlik nie. Hy laat alles ten goede meewerk. In Luk. 2:10 hoor die herders ook hierdie woorde: moenie bang wees nie. Hulle moenie bang wees nie, want die goeie nuus is dat hulle Verlosser gekom het. Alles gaan nou nuut wees. Alles gaan nou anders wees, want God het mens geword.

Joh 1:1-3 "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie." Joh 1:14 "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid." JESUS DIE SKEPPER En dan is daar die profesieë oor Sy geboorte. Jes 7:14 "Die Here sal daarom self vir julle 'n teken gee: 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring en sy sal hom Immanuel noem." Jes 9:5" Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors." JESUS DIE VERLOSSER Het dit nie presies so gebeur nie? Is dit nie 'n wonderlike Boek oor Jesus Christus nie? Dan kry ons hierdie belofte in die laaste boek van die Bybel. Open 22:7 "Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou! Geseënd is elkeen wat die woorde van hierdie profetiese boek ter harte neem.” JESUS GAAN ONS NA HOM TOE NEEM. Ek vier graag met groot vrymoedigheid Kersfees, want die geboorte van ons Verlosser is vir my die grootste gebeurtenis ooit! Terwyl ek weer die Kersverhaal lees, sien ek drie keer dié sinnetjie raak: moenie bang wees nie. Josef hoor dit in Matt. 1:20. Hy moenie bang wees om voort te gaan met sy planne nie, want God is in beheer en beplan ’n uitkoms vêr bo wat Josef kan dink of droom. God se planne het ’n groter, hoër doel al lyk dit vir Josef en sy mense meer soos ’n verleentheid en ’n skande. Miskien is dít jou Kersfeesboodskap van God af hierdie jaar: moenie bang wees om jou planne deur te voer nie. Die Here verander ’n

Miskien is dít jou Kersfeesboodskap van God af hierdie jaar: moenie bang wees nie, want jou Verlosser, Immanuel, Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors het gekom. Alles gaan nou anders wees! Ons groet vandag vir die feesseisoen. Soos wat ek hier sit voel ek eintlik oorweldig oor die goedheid en guns van die Here. Ek dink terug aan hoogtepunte en laagtepunte, en besef die hoogtepunte oorweldig alles. Ons het nie hierdie jaar juis laagtepunte gehad nie en ons gee al die eer aan die Here. Ek wil sommer net sê dankie, dankie, dankie Jesus! Dankie dat U ons nooit in die steek gelaat het nie, al het ek soms ander dinge gekry as wat ek gevra het. Dankie dat U U seën op ons uitgestort het, net soos ons gevra het. Dankie dat U sommige dinge NIE vir my gegee het nie. Dankie dat ek vele dinge gekry het waarvoor ek nie eers gevra het nie. Dankie dat ons genooi is na die feesvieringe van Jesus se geboorte. Dankie dat ons vir 'n rukkie kan rus. En dankie vir jou wat hierdie jaar die pad saam met ons gestap het. Dankie vir die mooi gesindheid waarmee daar kommentaar gelewer is en dankie vir mense se bydraes wat ons kon gebruik het. Dankie dat jy saam met ons lief is vir die Here, en dat jy saam met ons 'n eenheid vorm voor die Here. Ons is een wonderlike familie! Dankie ook vir mense wat vir ons bid. Ons wens jou 'n wonderlike en geseënde Christusfees toe. Mag die geboorte van Jesus hierdie jaar ook 'n besondere betekenis vir jou hê, en mag jy ook saam met ons met nuwe oë na die krip van Jesus kyk. Ry mooi, rus baie, speel hard en leef voluit in hierdie tyd. Groete, Willem en Wilna,


REKORD | 09 | CHRISTMAS 2021

Christmas mistakes you’re probably making  By Lebohang Tlaba Christmas is finally here, and with it comes all the happiness [and stress] that's to be expected at such a busy time of year. Make sure you're not making the following Christmas mistakes to have the best holiday season you can this year. BUYING PRESENTS FOR EVERYONE - The pressure to buy for family, friends and even colleagues can be overwhelming during the festive season. However, you have absolutely no obligation to buy presents for those you cannot afford to. Solution: Be clear from the outset. PANIC SHOPPING Many of us will be panicking about what to get our loved ones that they will actually value and appreciate. This can lead to lastminute dashes to overcrowded shopping malls, or late-night trawling of the internet to

Re-gifted Christmas card

find stores that will deliver by the Christmas deadline. Solution: plan and organize. NOT HAVING A CLEAR BUDGET - You probably have some idea of how much money you can afford to spend on your Christmas season. You may even have a solid figure that you do not intend to deviate from no matter what. However, by not having a detailed budget you can easily run over your set figure and incur much higher expenses than you were expecting. Solution: Take some time to set a budget for each large expense. Divide it into categories such as decorations, travel, food, presents, etc., and assign each category a budget. BUYING ON CREDIT - It might sound impossible, but try to leave your credit card at home this Christmas. Because buying on credit puts off today’s costs until tomorrow

it’s easy to get carried away and spend more than you can afford to in pursuit of the perfect Christmas. Solution: buy only what you can afford. FORGETTING WHAT IT’S ALL ABOUT - It’s easy to forget that Christmas is not about the spending and buying, but the giving and the time spent with those we love. Don’t get so caught up with trying to do everything right that you forget to take a breath and enjoy the day with your loved ones. Solution: take a time out with loved ones. Other mistakes to avoid include: Talking politics at the Christmas dinner table, obvious re-gifting, i.e. sending an old card as a gift, lastly avoid gifting someone a diet cookbook or gym membership. newsroom@rekordmediafs.co.za

Christmas tips and décor

Here are a few tips to follow in preparing for Christmas: Use gift bags to put gifts in instead of wrapping paper. The gift bag can be re-used at a later stage for re-gifting, make your own gift bags. See below for making your own gift bag in 4 easy steps, use old shoe boxes and cover with gift wrap to cover the shoe box, start saving every month. Set an amount for yourself to save. Even if it is just R50 a month. This you can use for either buying the meat for Christmas time or salads. Makes it easier and less expensive for yourself than buying

everything in December. Get family members to save with you or all can contribute to the saving, and buy Christmas roasts a few months before Christmas. Some roasts freeze well. There are several Christmas to try out but here are our top mentions: Make wooden Clothes peg ornaments, Instead of buying a Christmas tree make use of a tree in the garden and decorate the tree in your garden, Use Christmas lights and put that in a clean bottle (remove labels) as extra lighting and decorations, Make your own Christmas

decorations – You can use with things lying around the house that is inexpensive and provides a more personal touch. You can use pinecones to make decorations and spray paint them with different colours, you can use your children’s art and incorporate them into your decorations. Last but not least, you can use old Christmas cards and decorate the wall with cards and place presents in a basket or on the floor below the cards on the wall. By Bernadette Britz


REKORD | 10 | ADVERT

PLACES YOU COULD SPEND CHRISTMAS AT By Lebohang Tlaba

BETHLEHEM, FREE STATE Whilst there has been some contention over just which Bethlehem is the rightful birth place of Jesus – the Bethlehem in Galilee or the one near Jerusalem – the Free State’s Bethlehem does not feature in the running. Bethlehem (Beit Lahm in Hebrew) actually means ‘house of meat’ to signify a place known for sheep and cattle. South Africa’s Bethlehem lies in a fertile valley on the Liebenbergs River on the other side of the Rooiberg Mountains. But aside from its name, and a list of museums, memorials and heritage sites, the town has little to offer those celebrating Christmas.

BACKYARD BRAAIS AND PLENTY OF COMRADERY – IN THE KAROO In the centre of South Africa is a vast space known as the Karoo. It has as many exponents as there are towns (and there are many towns). Long a retreat from the world by artists, poets and mystics much of the Karoo, where the towns are known as ‘dorps’, has become fashionable. Other of the towns are still remote and quiet. To take to the back roads and drive from village to village is life-changing.

LIFE’S A BEACH – THE SUNSHINE COAST You are more likely to enjoy your Christmas on the beach in South Africa, and the Sunshine Coast, which starts where the Garden Route ends and stretches all the way to East London, covering much of the Eastern Cape’s coastline, is as good as it gets – sunshine 320 out of 365 days of the year.


REKORD | 11 | ADVERT

PLACES YOU COULD SPEND CHRISTMAS AT

TRADITIONAL AFRICAN – WILD COAST Want to celebrate Christmas far from the madding crowd in amongst the Xhosa people in their traditional home, then it does not come better than South Africa’s Wild Coast. The birthplace of two of South African presidents, Nelson Mandela and Thabo Mbeki, the Wild Coast is a place where rivers empty into the sea, where massive cliffs loom over desolate beaches and where rocky crags overlook sandy bays. Largely populated by rural Xhosa people who still practice customs and traditions that have fallen by the wayside in cities, you will be welcomed as a visitor.

OFF-THE-BEATEN-TRACK – A WILDERNESS AREA No other country in Africa has the variety of parks, reserves, and wilderness areas that South Africa does. There are nine wilderness areas – in South Africa proclaimed wilderness areas enjoy the highest possible legal conservation status – huge tracts of land that remain as close to their natural character as possible; with no evidence of man. They include the Cederberg Wilderness Area, Boosmansbos Wilderness Area, Groot Winterhoek Wilderness Area, and Doringrivier Wilderness Area. The number of visitors and activities is limited to hiking, climbing, swimming, bird watching, and photography. You are not restricted to trails, there is no overnight accommodation, fires are not permitted, and all evidence that you have visited leaves with you.

IN THE BUSH –WILDLIFE SPOTTING Join the many South Africans who head to the Kruger National Park for the festive season, or search out a more remote game farm or nature reserve.


REKORD | 12 | ADVERT

VACANCY COENRAAD SNYMAN P/S MODDERPOORT, FREE STATE SGB POSTS – 1. INTERMEDIATE / SENIOR PHASE QUALIFICATION: QUALIFIED TEACHER English Home Language – Grade 4 – 7 Proficient in English Home Language and Afrikaans SACE registered Valid Drivers’ license Previous experience is recommended Applications must be in writing accompanied by a complete CV. Extra Mural – Sport, Orators and Eisteddfods Contact: Tel. 051 813 9135/082 377 2807 E-mail: coenraadps@ntelecom.co.za CLOSING DATE: 10th January 2022. Successful candidates will be notified.

MORE PLACES YOU COULD SPEND CHRISTMAS AT

SPIRITUAL RETREAT – MCGREGOR For those who wish to opt out of Christmas rush and overspending, there are a number of places in the country one can retreat – the retreat in Ixopo, Bodhi Khaya in the Overberg and the Blue Butterfly Retreat Centre in the Welbedacht Nature Reserve are some of them.

IN AN ENVIRONMENTALLY FRIENDLY WAY – NOORDHOEK A mere drive past the Noordhoek Farm Village and the Foodbarn Deli, round the bend and through Noordhoek’s Milkwood forest to Monkey Valley’s eco-friendly resort to sip wine and sample pizzas overlooking Long Beach will reveal that Cape Town’s greenest live here. If your idea of Christmas heaven is ‘picking your own’ in a vegetable garden whilst waiting for the sun to warm your water for your mid-morning shower, then Noordhoek Village is for you.


NOW

YOU KNOW Merry Christmas!

Rekord


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.