www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

MSUKALIGWA REKORD

Page 1

10 Sep 2021 | Edition 33 - 2021 | rekord@rekordmediafs.co.za | 072 757 0514

Msukaligwa

REKORD NOU WEET JY ● NOW YOU KNOW

Reach more by advertising in this digital newspaper! Call Kleintjie on 072 757 0514 and receive a 15% DISCOUNT on your advert by using the word “IMPACT"

POLICE SEEK ROBBERY SUSPECTS  By Lebohang Tlaba AMERSFOORT: A 36-year-old man is due to appear before the Amersfoort Magistrates Court on allegations of business robbery, possession of an unlicensed firearm and ammunition. The South African Police Service have launched a manhunt for two remaining suspects, in connection with a business robbery that occurred in the early hours of Wednesday morning, 18 August 2021 at Amersfoort. According to reports, police received information about a business robbery in progress at a shop in the

Zamokuhle location. They were joined by an additional off duty officer. Upon arrival, they found three suspects, two were on the roof, where they allegedly gained entry into the business, while the third was already inside. The two suspects on the roof fled the scene when they spotted the police, while the remaining suspect reportedly exited the shop with a firearm in his hand. A shootout then ensued, where the suspect was wounded. The police officers seized the firearm and ammunition. The suspect was taken to the hospital and is currently under police

guard. Independent Police Investigative Directorate (IPID) is investigating the incident. The Provincial Commissioner of the South African Police Service in Mpumalanga, Lieutenant General Semakaleng Manamela has welcomed the arrest of one suspect as well as the confiscation of the firearm and ammunition. The police urge anyone with information about the two suspects who are still at large, to contact Detective Sergeant Siphiwe Ndlovu at 072 638 1465 or call Crime Stop at 08600 10111.


NET VIR DIE REKORD…

 Corné van Noordwyk

 Corné van Noordwyk

Hoekom is ONS…so ondankbaar? As jy vandag kla oor jou bord kos is min, gaan kyk hoe krap mense in vullisblikke vir iets om te eet. As jy vandag kla jou bed is te klein of ongemaklik om op te slaap, gaan kyk hoe mense op en onder koerantpapier slaap. As jy vandag kla oor ‘n hoofpyn, gaan kyk in hospitale se ICU hoe mense veg vir hulle lewens. As jy vandag kla oor jou ouers se foute en se tekortkomings, gaan weeshuise toe en kyk hoeveel kinders is sonder ouers. As jy vandag kla oor jou tweeverterk huis, gaan kyk hoe mense in hokkies bly. As jy vandag kla oor die lewe, gaan kyk in enige begrafplaas. Daar is so baie wat net smag om te hê wat jy het... ‘n kans om alles reg te maak en te waardeer wat jy vandag nie wil waardeer nie... alles wat ons is en het vandag is genade en ‘n voorreg... so, gryp elke oomblik aan en dank God vir die ‘min’ in jou lewe en eer Hom vir die voorreg wat jy het om met die min dankbaar te wees… want daars baie wat nie het wat jy vandag het nie... moet nooit die lewe vanselfsprekend aanvaar of ondankbaar wees nie... Dank God elke dag vir dit wat jy het!

Msukaligwa

REKORD WEDNESDAYS

is published on All adverts and news must reach us by deadline TUESDAY 15:00

Contact us

072 757 0514 rekord@rekordmediafs.co.za

Code of Conduct This publication is obligated to report news truthfully, accurately and fairly. Should you feel we do not adhere to the Press Code you can submit a complaint to the Press ombudsman at pressombudsman@ombudsman.org.za All rights and reproduction material published in this publication are hereby reserved In terms of the copyright act.

Publisher The reproduction or broadcast without written permission of any material published in REKORD and its supplements is forbidden and expressly reserved to LIVERO MEDIA PTY LTD, under section 12(7) of the Copyright Act. 1978 and any amendment thereof. REKORD is published by LIVERO MEDIA (Pty) Ltd. Tinnie van Rooyen Street 3, Clocolan, 9735

ERRIE IN TOP FIVE IN SOUTH AFRICA

REKORD 02

Isabelle Moussier. Photo: Hoërskool Ermelo

“This is an exceptional accomplishment…” – Ermelo HS  Hoërskool Ermelo ERMELO: Hoërskool Ermelo (Errie) announced that it is proud of Isabelle Moussier and Raeez Tikly who qualified to take part in the final round of the 2021 World Knowledge Olympiad for grades 8 to grade 12. The final round took place on Tuesday, 3 August. Due to COVID-19 regulations, the Olympiad took place

online using the Mentimeter Platform. Learners accumulated points based on how fast they could answer the questions correctly. Isabelle achieved the fifth overall position in South Africa for the grade 10 learners. “This is an exceptional accomplishment. Congratulations Isabelle!” Hoërskool Ermelo said.


ADVERTISEMENT

► Advertise with us 072 757 0514

REKORD 03

NOTICE TO ALL SUBSCRIBERS IN REGARDS TO POPIA ACT COMPLIANCE Dear Subscriber, In compliance with the new POPIA Information Act you are hereby notified that your personal details as a subscriber to one of our 45 Rekord Digital Community newspapers is NOT accessible by any third party. Rekord Media will also not in any way supply, sell or exchange your subscriber details to a third party. Should you feel to cancel your subscription please do so by e-mail to complaint@rekordmediafs.co.za Should we not receive an email, your non-response will act as confirmation that you are providing consent that we may continue to send you the weekly copy of the Rekord Digital Community Newspaper you have subscribed for. Please feel free to contact our customer care centre on 072 757 0514 if you have any enquiries in regards to your subscription.


REKORD 04

Hierdie publikasie beywer…

■ Om ons lesers...

volledig, betroubaar, objektief en geloofwaardig in te lig oor die nuusgebeure in ons gemeenskap.

■ Ons verbind ons... tot geen politieke party of ideologie nie.

■ Ons streef na... die waarheid, objektiwiteit en die belange van die gemeenskap in ons beriggewing.

■ Ons beywer ons vir... persvryheid, menseregte en die ekonomiese en maatskaplike opheffing van die dorpe waarin ons digitale koerant versprei word.

Jou nuus bydrae help ons om die gemeenskap ingelig te hou

■ Nuus word ALTYD gratis gepubliseer

Enige nuus – skool, kerk, doop, trou, geboorte, sterf, prestasie, sport en gemeenskapsnuus word verwelkom

■ E.pos of WhatsApp u bydrae rekord@rekordmediafs.co.za of WhatsApp 073 446 2182


HEUNINGDRUPPELS

 Deur Wilna Botha – www.heuning.co.za

REKORD 05

“Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? Praat as jy die antwoord het.” (Job 38:4) Dwarsdeur die boek Job, bespiegel Job en sy vriende oor die redes vir Job se swaarkry. Hoewel Job daar aan die begin van sy lydenspad ewe mooi gesê het: “Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here” (Job 1:21), het hy gou-gou heel negatief geraak oor sy situasie en selfs sy geboortedag vervloek. Hy het nogal opstandig geword en die Here bevraagteken. Hy het begin wonder oor God se regverdigheid en God se goedheid begin betwyfel. Hy het homself jammer gekry en terugverlang na die ou dae toe sy lewe volmaak was. Kan jy dalk hiermee assosieer? Ek dink die meeste van ons maak maar so in tye van uitgerekte swaarkry, waar die pad donker en lank is en die uitkoms onmoontlik lyk. Wanneer die finansies net nie op dreef wil kom nie, ten spyte van al jou dapper pogings. Wanneer die goeie nuus net nie wil aanbreek nie en jy nóg ’n terugslag beleef. Wanneer die dokter jou nóg ’n keer inroep met ’n ekstra komplikasie op jou diagnose. Wanneer die hofsaak uitgerek word en nóg ’n keer uitgestel word. Wanneer jou kind nog ’n keer in die moeilikheid beland. Wanneer die Covid toets sowaar positief is. Dis maklik om aan die begin van die pad te sê: “Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here”, maar hoe langer dit word, hoe onmoontliker die uitkoms lyk, hoe moeiliker word dit om geloof te behou en te bely dat die Here in beheer is en alles ten goede sal laat meewerk. Dis menslik! Dis nie on-Christelik nie. Dis nie onvergeefbaar nie. Ons sien net nie die wyer prentjie soos God nie, ons ken nie die toekoms soos Hy nie, ons sien en voel net wat hier en nou met ons gebeur. Dis dalk goed om te leer en te oefen om verby jou probleem na die Here te kyk en nie deur jou probleem nie. Dis dalk goed om weer die vrae te hoor wat die Here vir Job (en vir jou) vra: “Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het?” en vele ander vrae in Job 38 tot 41. Miskien kan dit jou help om te besef Hy ís in beheer, Hy ís almagtig, Hy ís sterk, Hy weet alles, Hy weet waardeur jy gaan, Hy gee om, Hy kyk nie ander pad nie, Hy is nie stil nie, al dink jy so, Hy is nie laat met sy uitkoms nie, al voel dit so. Mag jy deur jou swaarkry-pad kom en soos Job sê: “... nou het ek U self gesien.” (Job 42:6) Mag jy deur jou swaarkry-pad kom en êrens in die toekoms, soos Job, geseën word met ’n voorspoedige lewe.


NET ‘N OOMBLIK

 Deur Tharine Hurter

REKORD 06

NOG VOOR 'N "WILDSPLAAS" MODE WAS... 1 x 9 = 9; 2 x 9 is 18; 3 x 9 is 27. Die jaar so 1989. Dis winter in die Laeveld. Sherlock. Nog voordat mense daaraan gedink het om ‘n wildsplaas te hê, het Dara in die versteekte smalls sy plaas digby die Kruger-wildtuin sy stuk wiltuin gekoop. Ongerep. Hy en die seuns is gewapen vanaf Ficksburg tot verby Nelspruit na die uitsonderlike plaas met die speurdernaam, met die 125cc scrambler agterop die Datsun 4x4, ou Mpe (die regterhand) en 'n Nebekatneser-trots grammadoelas toe. Ek en ma kom later met PG se studentekar, 'n Passat. Die Hurters is nie kampers nie. Baie gou is slaapplek by Pretoriuskop gekry. Dara verduidelik tong in die kies vir die ou oom van die Parke dat hy en die seuns van Welkom is (OG-karre). Hulle is professionele Moto-X ryers en die vrou en dogter is op pad. Hy en die seuns het gehoor dat die gras in oom Paul se plaas daai jaar lank is en die diere kan Vrystaters op 'n myl sien aankom. Hulle sal met die plank die scrambler van die bakkie afry en die diere soos Borderkollies met die bike in 'n trop bymekaar jaag sodat die vrou en dogter sonder moeite die wild in die teerpad die bokke en ‘n leeuvangs kan aanskou. "Ons stage die diere so bietjie. "Jy weet die Vrystaat is vêr en my

MEESTER

mense wil waarde vir geld sien. Ons is gatvol vir "weer-bokke"." Dis nou die rooibokke wat volop is. O ja, in wildland kommunikeer die diere in dieretaal met mekaar. Hulle sê:" Duck ouens, hier kom die Blikore (Vrystaters)". Die 308 bly agter die seat versteek. Biltong skiet ons op onse eie grond. In die kamp, waar die Hurter’s net 'n 4-bed soek en die jongste (ekke) moet ook versteek word en op die vloer doeks. Terug by die 4-bed vir die gesin van 5: Dit was altyd só. Mens betaal nie vir die 6de een nie. Vir braaigoed rwala Dara hardekool in oom Paul se werf. Die tuck shop se hout is te duur. Byna toemaaktyd lag Dara en beloof die oom van die hek, hulle sal nie die diere aanjaag nie. In die kamp, soek Dara die kampbestuurder op. Hy sit sy spot voort. "Ons is professionele Moto-X ryers. Ons kan lekker oor die speed wobbles oefen. Net so tot 8 uur. Mnr. Kampbestuurder wil die "fietas" verban. Intussen daag ek en ma, Jacoba Van Wyk Hurter op. Die seuns is honger en ma moet kos maak. Soos altyd: report back to the kitchen duties. Ons kry geslaap met die teerpaalreuk en dieregordyntjies in die 4-bed. Ons ry liewers toilette toe, "omdat n leeu ons kan vang". Volgende oggend voor daglig skip ons oom Paul se besienswaardighede en

gaan na ons eie plaas toe. Die kar kan net tot by die stroom en dis verder stap soos oom Holmes. Een kyk boontoe vir boomslange, die ander in die middel vir big 5 en die ander vir die seilgiftonge. Stap en Hightechs is nie vir my bedoel nie. Ook nie vir ma nie. Ons sê soos Benjamin van Fiela die 9x tafel op. Sherlock bied n nuwe ervaring op. En die baas van die plaas verstaan nie dat ons Daleen se boek pas gelees het nie. "Die vroue is mal..." In die visier is 'n kringgat op onse eie wildsplaas. Duur teleskoop is inge"tune". "Nee, mens kan nie so perfekte skepping vir pret skiet nie," sê Dara. Geen verdere jag op onse eie jagplaas nie. Beesvleisbiltong is in elk geval lekkerder as wildsbiltong. Dara se wapens is nooit eintlik gebruik nie. Jag is nie vir almal nie. ‘n Mooi dier moet in die natuur gedy en wei. Nota: ekke moes in die wildtuin met my learners bestuur, terwyl die res van die familie gatvol vir "weerbokke" is en doedoe. Daar ry ek ‘n bok morsdood! Om uit te boek en die skewe lig met bokmis te verbloem moes PG en Vernon die Passat se voorkant toesit. Die mense sou nie die ware storie van die bok se onvermoë om links en regs te kyk voordat dit die teerpad oorkruis as die Vrystaters op n rol is, glo nie.

 Danie Cronje

KITCHEN DELIGHT  Lebohang Tlaba

BUTTERMILK FRIED CHICKEN

Whip up fingerlicking good fried chicken at home.

Ingredients 10 small pieces chicken (approx.1,5kg), breasts cut into halves if large 5 c. luke warm water 3/4 c. cayenne pepper hot sauce 3 tbsp. Kosher salt 2 tbsp. sugar 2 tsp. garlic powder 4 c. canola oil 2 c. all-purpose flour 2 c. buttermilk

Directions 1.Place 3 litre resealable plastic bag in large bowl. Add chicken to bag. 2.In another bowl, whisk water, hot sauce, salt, sugar, and garlic powder until salt dissolves. Pour over chicken in bag; seal bag. Refrigerate 3 to 5 hours. 3.Place wire rack over large foil-lined rimmed baking sheet. In heavy, deep 30cm pot, heat oil on medium-high until 150 - 160 degrees C on deep fat thermometer. 4.While oil heats, place flour in large shallow dish and buttermilk in large bowl. Drain chicken. Dredge 5 pieces in flour, then buttermilk, letting excess drip off, then return to flour again, shaking off excess. Place chicken in hot oil. Cook 12 to 18 minutes or until chicken is cooked (80 degrees C) and deep golden brown, turning occasionally to ensure even browning. (NB: Do not overfill the frying vessel) 5.Transfer cooked chicken to wire rack; sprinkle with 1⁄4 teaspoon salt. Repeat


WHEELS

 By Corné van Noordwyk

REKORD 07

SA pricing and specs announced

THE NEW MAZDA BT-50 IS HERE Mazda has launched its new-generation BT-50 double cab bakkie in South Africa and it’s fair to say that (compared to its predecessor) this is a completely new vehicle from the ground up, now being based on the new-generation Isuzu DMax, which has not been launched locally as yet. The Mazda BT-50 will be available in four variants: 1,9 Active manual – R611 900. 1,9 Active AT – R647 900. 3,0 Dynamic AT – R759 400

The 3,0 Dynamic model upgrades to a 9,0-inch infotainment system with 8 speakers, and also adds dualzone climate control to the mix along with front parking sensors, leather-wrapped steering wheel, auto headlights and wipers, auto-fold chromed exterior mirrors and 18-inch alloy wheels. The 3,0 Individual

and 3,0 Individual 4×4 AT – R794 400. The 1,9-litre entry-level turbodiesel engine produces 110 kW and 350 N.m, and it is available with a choice between six-speed manual and six-speed automatic gearboxes, with power going to the rear wheels only in both cases. The 3,0-litre turbodiesel model is available in 4×2 and 4×4 configurations, and this engine is good for 140 kW and 450 N.m. The bigger engine is paired

has the same cabin spec as the aforementioned Dynamic, but adds four-wheel drive and Front Axle Disconnect. The Mazda BT-50 is available in six colours: Concrete Grey, Rock Grey, Ingot Silver, Red Volcano and Gun Blue. All models are sold with a three-year, unlimited kilometer warranty and service plan.

exclusively with the aforementioned sixspeed automatic gearbox. In terms of spec, the 1,9 Active base model ships with a 7-inch, six-speaker infotainment system with reverse camera, as well as cruise control, manual air conditioning, six-way power adjustable driver’s seat, Hill Descent Control, Trailer Sway Mitigation, locking rear differential, seven airbags and 17-inch alloy wheels.


THIS WEEK’S FOCUS…

 By Corné van Noordwyk

REKORD 08

NASIONALE NIER BEWUSMAKINGS WEEK (6-10 SEPTEMBER 2021)

Nasionale Nierbewusmakings week wat gevier word van 6-10 September 2021 bied die ideale geleentheid om kwessies rondom niergesondheid en nieroorplatings te addresseer. Meer as twee miljoen mense wêreldwyd ontvang behandeling vir nierversaking deur middel van dialise of ‘n nieroorplanting. Daar is egter veel meer mense wat behandeling benodig, maar weens toegang tot mediese hulp is hulle nie in staat nie, en baie van die mense sterf. Dieselfde situasie speel af in Suid-Afrika, met van hoogste syfers van eindstadium nierversaking in die wêreld en ook relatiewe min orgaanen-weefseloorplantings in vergelyking met ander lande. Mediese personeel asook die publiek het nie genoegsame feitelike inligting wat die proses van orgaan-en-weefseloorplantings aanbetref nie, dit is maar een van die bydraende faktore wat lei tot die lae oorplanting syfers. Suid-Afrika is een van 12 Afrika lande wat nieroorplantings doen en die enigste land in Afrika wat gebruik maak van oorlede skenkers vir oorplantings. Nie al die pasiente wat Eind Stadium Nierversaking het kwaififseer vir ‘n oorplanting nie, en die wat wel op die waglys kom vir ‘n oorplanting kan ongeveer 12-15 jaar wag vir ‘n nier op die Obloedgroep lys. Al hoe meer oorplantings word gedoen van lewende skenkers weens die tekort aan oorlede skenkers. ‘n Skenker kan ‘n familielid (lewende verwante skenker), ‘n vriend (lewend onverwante skenker) or ‘n altruïstiese skenker (vreemdeling). Die skenker ondergaan verskeie mediese toetse om seker te maak dat hulle gesond is om die operasie te ondergaan en met een nier te kan funksioneer. Paul Nel het sy nier aan sy dogter, Tanya, geskenk in Junie vroëer die jaar. Tanya lei aan ‘n geneitiese siekte wat veroorsaak het dat sy Eind Stadium Nierversaking ontwikkel het op die ouderdom van 18. Paul het nie gehuiwer om te toets of hy in staat sal wees om ‘n skenker te wees nie. Die oorplanting is egter twee keer uitgestel weens Tanya se fistula wat nie meer gewerk het nie en ‘n tweede keer weens Covid. Beide pa en dogter doen baie goed na hul verskei operasies. Tanya is nou in staat om op haar studies te fokus asook tyd te spandeer met vriende en familie. Paul sê die oorplanting het al sy verwagtingte oortref, en die postiewe impak wat dit op hulle familie het. Tanya was altyd moeg na dialise en dit het haar erge hoofpyn gegee. ‘n Vakansie as gesin of self net ‘n naweek weg, het fyn beplanning geverg om seker te maak dat Tanya dialise kon ontvang. Agt goue reëls vir niergesondheid: ‘n Mens dink nooit regtig aan jou niere en die funksie wat dit verrig tot die dag wat dat dit nie meer werk nie. Jy kan tot 90% van jou nierfunksie verloor voordat jy enige simptome wys of agterkom iets skort. World Kidney Day, ‘n wêreldwye bewusmakingsveldtog, het agt goue reëls ontwikkel om na jou niere om te sien. Monitor en beheer jou bloeddruk: Ontwikkel die gewoonte om te weet wat jou bloeddruk is. Hoë bloeddruk kan jou niere beskadig en lei tot kroniese nierversaking wat moontlik kan lei tot eindstadium nierversaking. Jou ideale bloeddruk is 120/80; indien jou bloeddruk hoër is as dit wanneer dit op twee verskillende dae gemeet word, raadpleeg jou geneesheer. Hy/sy sal adviseer hoe om jou leefstyl en of dieët aan te pas. Kry jou bloedsuikervlakke onder beheer: Baie diabete ontwikkel eindstadium nierversaking, dit is dus baie belangrik om gesonde bloedsuikervlakke te handhaaf en jou nierfunksie gereëld te laat toets. Indien dit vroegtydig gediagnoseer word kan dit ontwikkeling na eindstadium nierversaking vertraag en selfs verhoed word. Fisiese aktiwiteite: Die volgende is maar net ‘n paar voordele van ‘n aktiewe leefstyl: help om ‘n ideale/gesonde liggaamsgewig te behou; verlaag jou bloeddruk; verlaag risiko van kroniese nierversaking. Gesonde gebalanseerde dieët en liggaamsgewig: Die voordele van ‘n gesonde dieët is vanselfsprekend. Dit kan die volgende lewenstyl-verwante siektes voorkom: diabetes, hartsiektes en ander kroniese siektes verwant aan eindstadium nierversaking. Jy plaas minder stres op jou organe deur ‘n gesonde gewig te handhaaf. Verminder jou sout inname na 5-6 gram per dag (een teelepel). Geprosesseerde kos en verwerkte kosse bevat Op die foto regs: Paul en Tanya Nel, pa en dogter na haar nieroorplanting

baie sout, die beste is om vars bestandele te gebruik vir jou maaltye sover moontlik. Drink genoeg water: Jou niere sal jou ewig dankbaar wees omdat jy na hulle omsien. Deur genoeg water te drink help jy jou lyf om ontslae te raak van oormatige minerale soos natrium, kalsium en fosfate wat jou organe kan beskadig. Die ideale hoeveelheid vloeistof wat jou liggaam benodig word beinvloed deur hoe aktief jy is, die klimaat waar jy woon, of jy swanger is en of jy borsvoed. Bespreek die geskikte hoeveelheid vloeistof inname met jou dokter. Moenie rook nie en stop indien jy wel rook: Rook veroorsaak dat daar minder suurstof-draende bloed na jou niere en ander organe vloei wat funksionering beïnvloed. Wanneer jou niere nie optimaal funksioneer nie, kan dit nie ontslae raak van oortollige gifstowwe en minerale nie. Vermy die gebruik van oor–dietoonbank anti-inflamatoriese medikasie: Indien jy oor-dietoonbank nie-steroïd anti-inflamatoriese medikasie (soos ibuprofen) op ‘n gereëlde basis gebruik kan jy jou gesondheid op die spel plaas en moontlik chroniese nierversaking ontwikkel. Bespreek hoe om jou pyn te behandel/bestuur met jou dokter en steeds jou niere te beskerm. Laat toets jou nierfunksie gereëld indien jy in enige van die hoë risiko groepe val: Jy word gesien as hoë risiko om eindstadium nierversaking te ontwikkel indien jy enige van die volgende het: Diabetes, Hoë bloeddruk, ‘n Familie geskiendenis van niersiektes of Vetsug (obesity). Ongelukkig kan eindstadium nierversaking nie genees word nie, maar dit kan verhoed word en die verloop na eindstadium nierversaking kan bestuur word. Maak seker dat jy die agt goue reels volg om na jou niere om te sien. Die twee boontjies (niere) sal jou ewig dankbaar wees. Vir meer inligting: TELL is beskikbaar om enige vrae te beantwoord. Stuur gerus ‘n e-pos na stella.dekock@tell.org.za of kontak Stella de Kock op 082 785 2530. Ons is op sosiale media by: Instagram: @tellorgza, Facebook: www.facebook.com/tellorgza/, Twitter: @tellorgza of die Webtuiste: www.tell.org.za


HOLIDAY GUIDE - VAKANSIEGIDS  To advertise on this page call Kleintjie Koen – 072 757 0514

REKORD 09

EVENTS CALENDAR

FREE to all churches, schools and NPO’s – Send your event info to: corne@rekordmediafs.co.za

 09 September 2021 BETHLEHEM (VRYSTAAT): Bethlehem Academy - We've got exciting news! We are rebranding and would like to invite all 2022 Grade R and Grade 1 parents to our Rebranding Information Session on Thursday 9 September between 09:00 and 13:00 at our Bethlehem Academy Campus. We would love to share our vision and heart behind this new rebranding and how your child will benefit from it. Please contact us at 083 414 9459 to book your timeslot! We are looking forward to seeing you there!  10 – 12 September 2021 BETHLEHEM (FREE STATE): Free State Tennis presents the FS Pro Kennex Bethlehem, Mini Series 1. To register go to: www.sportyhq.com. Entry deadline: 3 September 2021. Sponsored by PROKennex  17 – 19 September 2021 REITZ (VRYSTAAT): Vrydag 17 September – Inryfliek by Reitz Skougronde. Hekke open 17:30. Fliek begin 19:00. Kosstalletjies en verversings beskikbaar. Volwassenes R50 per persoon en kinders R30 per kind. Voorskool gratis. Kaartjies beskikbaar by kerkkantoor of hekke. Skakel in op 93FM. Saterdag 18 September – 5KM Pretstap by Kerkgronde om 09:00 – 10:00. Kom draf, stap, ry fiets of bring selfs jou hondekind saam (aan ‘n leiband). Vooraf registrasies by kerkkantoor of by die hek. Volwassenes R50 per person (sluit ‘Brekkie Bun’ en kondensmelkkoffie in) Kinders R30 per kind (sluit hotdog en kondensmelkkoffie in). - Tuinbou praatjie by Kerkgronde 11:00 – 12:00. Aangebied deur David Viljoen van Tuine en Tossels. GRATIS! – Spitbraai- en Skaapkop-ete by die Keerkgronde vanaf 17:00. R120 per person (sluit bykossee in). ‘Live’ Musiek. Besprekings voor of op 10 September by die Kerkkantoor. Sondag 19 September – Spesiale Kerkdiens. Indien u belangstel om ‘n stalletjie by die fees te hê kontak gerus vir Martie van Zyl by 082 332 6152. Kontak die kerkkantoor vir enige navrae of besprekings by 058 863 2632. Covid-19 is steeds met ons. Pas asb. alle regulasies en maatreëls soos deur regering uiteengesit toe. Borge: DOLITTLE, Magic Moments, MPLC en Universal.  25 – 26 September 2021 CLOCOLAN (VRYSTAAT): Visvang Kompetisie. Kompetisie begin om 08:00 en eindig om 10:00 die volgende dag. Word gehou by Benco Dam, Clocolan. Swaartste Karp Eerste Prys: R2000, Tweede Prys: R1500 en Derde prys: R1000. Alle fondse gaan vir Jeandré Victor. Skakel vir Jean 082 462 9719 of André 082 829 6588


HOLIDAY GUIDE - VAKANSIEGIDS  To advertise on this page call Kleintjie Koen – 072 757 0514

REKORD 10

EVENTS CALENDAR

FREE to all churches, schools and NPO’s – Send your event info to: corne@rekordmediafs.co.za

 09 Oktober 2021 ARLINGTON (VRYSTAAT): NG Kerk Arlington Motorfietsdag. Volwassenes R200 per persoon en skoolkinders R150 per kind. Streng kontant. Opening 09:30 en vertrek 10:00. Ekstra braaipakke te koop teen R60. Streng Covid-19 reëls en regulasies sal gevolg word. Rig navrae aan TJ by 079 494 2787 of Willie 082 854 9836  18 – 21 November 2021 FOURIESBURG (FREE STATE): Ionia Cherry Crop Celebration on Ionia Cherry Farm. Save the date. Fresh cherries, Cherrie tours, Cherrie products, beer tent, camping site, gourmet food, Belgian waffles, tea garden, horse riding, Christmas market, fun for kids & adults. Live music and lots more. Find more info on Facebook or Instagram

Meiringskloof Where is Meiringskloof: Eastern Free State - in a beautiful kloof surrounded by sandstone cliffs with open caves, thick indigenous bush and abundant bird life1.7 km from Fouriesburg, near Clarens (36 km), Golden Gate (52 km), and the Lesotho border (11 km) to visit AFRI-Ski (92 km / 1hr 30 min) or Katse Dam (163 km / 3 hrs.). Accommodation: 11 selfcatering sandstone chalets and 23 caravan / camping sites. Long weekends and school holidays are very popular – best to book well in advance. Meiringskloof can also be booked for exclusive use – this works well for weddings, family reunions or company weekends away as each family / group can stay in their own separate chalet and use the Lapa with or without the kitchen for some communal meals. What to do: Put your feet up and relax – at your chalet / camp site, or next to the swimming pool. Hike any of the excellent shorter hikes in the kloof itself, or hike up the sandstone cliffs to see the “tunnels” or simply enjoy the breath-taking views of the area and Maluti Mountains. Go horse riding or on a 4x4 trail – both available in the area. Visit Clarens, Golden Gate or Lesotho (take a day trip to AFRI -Ski to ski and snowboard in winter; or to the Katse Dam high up in the mountains via a steep and winding road). Some general notes… Due to the high cliffs on both sides, cell phone reception is limited to certain areas in the kloof but can be picked up in the open area adjacent to the office. Free Wi-Fi is available at the office and at the C Group chalets.


REKORD 11

Springtime AND WIN R100

Colour the picture and WhatsApp your entry to: 073 847 2468 Competition closes on 24 September 2021 (The winner will be announced in the first week of October 2021)


WAT ‘N FOTO…

 WhatsApp vir ons jou ‘foto-oomblik’ na: 073 847 2468

REKORD 12 Mal oor 'n Brahman bees! – Foto geneem deur: Bramie Dicks Crous

VEILINGS - AUCTIONS SENCLOMAR SAVM het op 20 Augustus hul 33ste Produksieveiling by Bloemfontein Skougronde aangebied. Die veiling is baie suksesvol afgesluit met twee ramme wat vir R11 000 elk verkoop is. Jannie Scott (JJP Boerdery, Winburg) is die nuwe eienaar van die duurste ram vir 'n goeie prys van R11 000. Klop Di Wes Boerdery (Excelsior) is ook 'n nuwe, trotste eienaar van die duurste ram vir 'n prys van R11 000. 'n Goeie gemiddelde bedrag van R8 208.33 is vir die stoetramme behaal. Die kudderamme is vir 'n gemiddelde bedrag van R7 650 verkoop. Baie geluk aan die verkopers en kopers met 'n goeie veiling.

FOTO: Piet Pelser (OVK en namens Klop Di Wes Boerdery), Janne en Faan Greyling (verkopers), Marnus Heunis (Telwiedre Voere), Jannie Scott (koper), Vincent Pike (OVK, afslaer). Voor: Jay Jay Human (OVK) en Eben van Wyk (OVK)


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.