www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

OVERdeBERG

Page 1

overdeberg2020@gmail.com

© Jacques Louw (2022). Alle regte voorbehou

Jaargang 3 Uitgawe 109

Vrydag 8 April 2022

Read inside...

Fynbos heroes honoured Photo: Sandberg Fynbos Reserve/Kali van der Merwe/FB

OVERdeBERG

1


2

OVERdeBERG

Skolenuus

Hoërskool Bredasdorp is baie trots op Hugo Bester (graad 8), wat in die O/19 WP-span ingesluit is en wat die afgelope vakansie aan die SADSAA Junior Bottom Fish Nationals in St. Francis, gaan deelneem het. Hugo en sy twee spanmaats het 3de in die kompetisie geëindig en 'n bronsmedalje verower. Foto’s: Hoërskool Bredasdorp/FB

2

380 000 L dam with Rubber Sealant

The original Rubber Sealant

OVERdeBERG


OVERdeBERG

3

Skolenuus

Hierdie groep BD's het van 31 Maart tot 2 April aan die Junior Nasionale Kampioenskappe deelgeneem. Dit het in Somerset-Wes plaasgevind. Hulle het die Boland verteenwoordig. Die BD's was weereens soos visse in die water en het die skool se naam hoog gehou. Foto’s: Hoërskool Bredasdorp/FB

Oakdale Rugbytoernooi: Die BD's het hul staal oor die paar dae gewys! Die manne keer met seer lywe terug, maar die veggees het hul nooit in die steek gelaat nie. Ons is trots op die tellings wat met elke wedstryd vermeerder het! Die tellings was as volg: 5-7 vs Parel Vallei, 15-17 vs Ellisras en 20-33 vs Vredendal. Foto’s: Hoërskool Bredasdorp/FB

Stuur jou skool se nuus en foto’s aan ons vir gratis, volkleur en weeklikse publikasie. E-pos ons by: overdeberg2020@gmail.com

AJ Sportweek - Mosselbaai: Verlede week het netbalspanne van regoor die land vir hierdie O/19-toernooi saamgetrek. Die BD's het teen HS Punt, HS Grens, HS Sannieshof, HS Dirkie Uys, HS Charlie Hofmeyr, HS Hartswater en Fairbairn College te staan gekom. Hoërskool Bredasdorp se span het 7de uit die 20 spanne geëindig. Foto: Hoërskool Bredasdorp/FB OVERdeBERG

Baie geluk aan Ruben Lubbe van Hoërskool Swellendam, wat aangewys is as die beste O/15-speler van die Interdistrikte Rolbaltoernooi in Bloemfontein. Foto: Hoërskool Swellendam/FB 3


4

OVERdeBERG

Kombuiskuier

Oswangpotjie met rooiwyn Bestanddele: 4 groterige uie, in ringe gesny olyfolie 500 g goeie spek, in blokkies gesny 2 kg beeswang / beesstert / skenkel, in blokkies gesny ¼ bottel soet sjerrie 2 stywe skote brandewyn 4 groterige aartappels, of net soveel jong aartappels 2 koppies wortels, in dobbelsteenjies gesny 1 koppie gesnipperde en geblansjeerde kool 6 knoffeltoonjies 3 tamaties, gekap 12 jenewerbessies 1 eetlepel gemengde kruie ½ teelepel fyn naeltjies sout en peper na smaak 1 bottel goeie rooiwyn meel en water – vir ‘n maklike degie (dekselseël) Metode: Plaas die potjie op die vuur. Braai die uie goudbruin in die olyfolie. Voeg die spek by, en roerbraai vir nog 2 minute. Voeg die wange/sterte/skenkels by en roerbraai vir nog 3 minute. Voeg die sjerrie by, roer en haal alles na nog ‘n minuut van die vuur af. Drup die brandewyn oor. Meng die res van die bestandele, behalwe die rooiwyn, en pak dit losweg op die vleis. Verhit die wyn tot net onder kookpunt en voeg dit by die pot. Verseël die deksel met ‘n degie van meel en water. Plaas die potjie op ‘n baie koel vuur – hoe langer, des te beter – as jy 6 uur se geduld het, is dit goed. BAIE BELANGRIK: Moenie loer nie – dié potjie is ‘n skaam enetjie. Wanneer jy uiteindelik die deegseël breek, gee alles ‘n vinnige roer en proe vir sout en peper. Bedien dit met ‘n varsgebakte potbrood om die laaste sous mee op te vee. Stuur gerus jou lekker resep aan ons vir publikasie om te deel met ander. E-pos ons by: overdeberg2020@gmail.com 4

Netvetverrassing Bestanddele: 1 netvet (skaap) 1 klein ui, fyn gekap 500 g maalvleis 15 ml matige kerriepoeier 1 eier 50 ml hawermout 20 ml Worcestersous 15 ml soetrissiesous 1 klein wortel, gerasper 1 vars mielie, pitte afgesny 10 ml braaivleisspeserye peper na smaak Metode: Meng al die bestanddele saam. Sny die netvet in repe. Maak frikkadelle en rol toe in die netvet. Steek vas met ‘n tandestokkie. Sprinkel Worcestersous oor die netvetvreugdes. Laat staan vir halfuur. Braai oor matige kole tot gaar. Bedien dadelik. Foto’s & resepte: RSG Resepte OVERdeBERG


OVERdeBERG

5

Skolenuus

Laerskool Jongensklip se splinternuwe naambord! Dankie aan mnr. en mev. du Plessis van adelldesigns en Overberg Agri, wat hierdie nuwe bord vir ons geborg het. Foto: Laerskool Jongensklip/FB

Wat ń pragtige gebaar! Marié en Elané van Zyl van Laerskool Buffeljagsrivier, het hulle hare laat afsny om vir CANSA te skenk. Foto: Laerskool Buffeljagsrivier/FB

Stuur jou skool se nuus en foto’s aan ons vir gratis, volkleur en weeklikse publikasie. E-pos ons by: overdeberg2020@gmail.com

Die Boland 0/13 Onderwaterhokkiespan, waarvan agt van die nege spanlede uit Rûens Kollege kom, het die afgelope naweek ń brons medalje tydens die SA Junior Nasionale Kampioenskappe in Somerset-Wes gewen. Hendré, Burger, Hugo en Dirk het ook ’n silwermedalje in die 200m vin-aflos gewen. Dirk het ook ‘n bronsmedale in die 25m vin-swem verower. Baie dankie Isaac Pretorius vir al die tyd en moeite wat jy aan ons kinders bestee het. Pragtige prestasie en ons is almal baie trots op julle! Foto: Rûens Kollege/FB OVERdeBERG

5


6

OVERdeBERG

Kaleidoskoop by die Ou Tronk Letty-Ann Möller VYFTIEN plaaslike musikante het Saterdagaand, die 2de April 2022, die dak gelig in 'n volgepakte tent in die binnehof van die museum se ou tronk in Hoopstraat, Bredasdorp.

Familie, vriende, kollegas én vreemdelinge, het stoele opgeslaan en piekniekmandjies uitgepak op reguit en ronde tafels waarop kerse in unieke tafellampies gebrand het. (Het jy al gehoor van 'n kers in 'n leë tunablikkie met 'n glasskerm op?) Asems is opgehou vir die moontlikheid van reën maar die reën het eers ná middernag uitgesak.

Danksy Leon Eksteen en sy musiekmakers het die barometer van die dakfonds gestyg en het die Vriende van die Museum se stringe vlaggies bly jubelend wapper! Die volgende geleentheid van die Vriende van die Museum is Saterdag 9 April se Damestee in die Skeepswrakmuseum. Orkeslede wat opgetree het was Leon, Nico en Maureen Eksteen en Lindy Snyman. Adré Albertyn, Nigel Marais, Bobby Rohlandt, Danél Pratt, Francois Kriel, Jurie Swart, Deon van der Hoven, Arné Leuvennink, Sasha Chadburn en Tom Moos! En is daar wéér 'n geleentheid om Kaleidoskoop in die ou tronk se binnehof te hoor? Verseker. Foto’s: Letty-Ann Möller

6

OVERdeBERG


OVERdeBERG

7

Radio: “Theatre of the mind.”

Radio Overberg se OKASA (Afrikaans vir ICASA)-lisensie bepaal die radio-inhoud ten opsigte van demografiese statistieke. Radio het 'n baie belangrike rol en verantwoordelikheid teenoor sy luisteraars plaaslik sowel as internasionaal. Lande wat digitaal luister na Radio Overberg is o.a. Argentinië, die VSA, Kanada, Malta, Qatar, Indonisië en Dubai.

Letty-Ann Möller

"U as luisteraar is ons maatstaf van wat werk en wat nie werk nie." Tik in "Radio Overberg" en kyk wat op die webwerf is en skakel in op 101.8 fm.

Rudi de Waal, bestuurder van die gemeenskapsradiostasie, Radio Overberg, was op Dinsdag die 5 de April 2022 die gasspreker by die Openbare Sake vergadering van Bredasdorp VLV tak.

Rudi sluit af met, "Soos oud-RSG-omroeper, Lynette Francis-Puren dit stel: Op die ou end is radio nie net 'n bron van kennis en vermaak nie, maar dis jou huisgenoot."

Hy het sy praatjie begin met: "Die meeste van ons sal onthou hoe ons grootgeword het die jare vóór televisie… met die draadloos of die fm-pie, soos my ouma-hulle dit genoem het, maar in 1975 is die prentjies in jou kop met beeldradio vervang."

Radio het ook 'n nuwe fase ingegaan. Die eerste radio uitsending het in 1781 plaasgevind. Heindrich Hertz het in 1888 daarin geslaag om seine op kort afstand suksesvol te stuur. Verskeie wetenskaplikes, o.a. Marconi, het navorsing oor radio gedoen. Dis broodnodig dat ook gemeenskapsradio's dringend ontwikkel en dis uiters belangrik dat gemeenskapsradio die voorkeure van die gemeenskap weergee. Reeds in 2010 is aanvoorwerk vir Radio Overberg deur Piet Maré en Marius Nel gedoen en sedertdien het die radiostasie ontwikkel. Radio Overberg verkies om na hulle omroepers as radiopersoonlikhede te verwys "omdat elkeen se persoonlikheid in sy program reflekteer." Behalwe vir 3 vaste aanstellings, (stasie-, administratiewe en tegniese bestuurders) is die res van die 24 passievolle radiopersoonlikhede vrywilligers. Rudi de Waal, het sy dank vir die steun van die plaaslike munisipaliteit uitgelig en verwys na "die ongelooflike groei" van adverteerders die afgelope twee jaar. OVERdeBERG

Vlnr op die foto is Ora Laubscher, Diana de Wet, Irene Groenewald, Letty-Ann Möller, Susan Bezuidenhout en Annetjie de Beer. Die VLV Bredasdorp se Openbare Sake gasvroue gee erkenning aan die volgende besighede en persone wat bygedra het tot die sukses van die vergadering: Skipskop Wyne, Etienne Kriel van Moerse Padstal, Radio Overberg (Rudi de Waal) en Maureen Eksteen (gaskunstenaar). Julle bydraes word opreg waardeer!

Letty-Ann Möller 7


8

OVERdeBERG

8

OVERdeBERG


OVERdeBERG

9

Photos: Sandberg Fynbos Reserve/Kali van der Merwe/FB

True Fynbos heroes being honoured What an honour to have Marion and her bow saw alien vegetation clearing team on the land today as part of the Baardskeerdersbos Art Route. The team consisting mainly of women cleared the mountain here of thick infestations of pine and Port Jackson. I created a portrait exhibition of the team and installed it in the little bit of pine forest left... Photos printed onto round wooden boards and nailed onto trees with text quotes positioned in between. MARION said they are rarely thanked or honoured for the work that they perform. And some thanks and appreciation goes a long way. - Kali van der Merwe

OVERdeBERG

9


10

OVERdeBERG

The race dates back to 1977 – when the well known Bredasdorp Athletics Club was established. At the time, an icon named Eps Joubert was chair of the club. He sparked the idea to start a truly Overberg marathon; a unique marathon given our special location close to Africa’s southernmost tip.

10

OVERdeBERG


OVERdeBERG

11

BREDASDORP SHIPWRECK MUSEUM’S PORCELAIN Continued from page 12 The centre decoration, in turn, consists of a stylised medallion flanked by four sceptre heads surrounded by four curls each. Porcelain tea services became an invaluable part of the cargo on the sea routes from China to Europe from the late Ming dynasty.

Interestingly enough, also found in the same ship's cargo were two Japanese design porcelain saucers (#1: AN 73/3e; #2: AN 73/3f) of the CH'ENG period. The rim of the saucer is decorated with a geometric pattern interrupted by four lobes with three leaves each. The decoration in the centre of the saucer and inside the smaller cup depicts a lady seated on a rock with a jumping boy or woman watching a little boy playing. On the bottom they have CHENGHAU 1465-1487 (four characters: CHENGHAU HAU PERIOD MADE). Treat yourself and pay the Bredasdorp Shipwreck Museum a visit to see and enjoy these art works of an advanced civilisation - made to last forever!

Rebellion and civil wars led to the destruction of many of the main kilns in China and disrupted supplies, resulting finally in the fall of the Ming dynasty [1368-1644]. The new reign, known as the Qing dynasty followed. The ceramic trade dwindled and ceased altogether for a few years. European traders turned to Japan where some Chinese ceramists had fled. The production of Japanese ceramic continued and became known as 'Imari' according to the name of the southern port from where it was exported.

OVERdeBERG

11


12

OVERdeBERG

The history of the Overberg ...above & below the waves BREDASDORP SHIPWRECK MUSEUM’S PORCELAIN

When a gold item is found on the ocean floor, it shines as if it had only been lying there for a day or two. On the other hand, and although also a precious metal, silver items are typically found to be pitch black and corroded. Porcelain, like gold, even after centuries underwater, still looks like the day it was made. Naturally, the effect of the breaking up of the ship and the forces applied by wave action are far more destructive to porcelain than to gold. It is thus understandably rare to recover complete and undamaged porcelain items.

The two very delicate porcelain cups (#3: AN73/3c; #6: AN73/3d) as well as the two beautiful blue and white saucers (#4: AN73/3i; #7: AN73/3j) are all reported to be from the WAN-LI period (1573-1619). They all have a rim panel, inner panel and centre circle decorated with flowers and leaves. It is true that porcelain reached Europe long before tea.

In 1973, Mrs. Luyt from Rondebosch was kind enough to donate no less than eight items of rare 17th century porcelain to the Bredasdorp Shipwreck Museum. These artefacts consisted of a porcelain teapot (#5) with a lid, 2x porcelain cups (#3 & #6) and 5x porcelain saucers (#1, #2, #4, #7 & #8). According to the donor, all were reputed to be from the shipwreck of the Haarlem (1647). The teapot (#5: Acquisition number 73/3a&b) with its lid is a beautiful centuries-old artefact, referred to as YIHSING ware. Since the style of these pots did not change much over centuries, they are not easily dated. This teapot was donated as an early 17th century item. Tea was introduced into Europe since 1610 when the Dutch imported tea from Sumatra and Java. Being first labelled as a medicinal drink by traders, tea drinking soon became a novelty in Europe. 12

However, after the latter reached that continent, small cups, saucers and small single serving teapots were soon included in the cargo for the purpose of tea drinking. Tea leaves were sought after as an exotic product from lands far away, and tea, known as 'cha' by Europeans, was thus highly valued. As an example of this, one only has to look at the cargo of the Dutch East Indiaman Brederode (1785) found by Aqua and Agulhas Exploration lying at a depth of 68m of water and 10km directly south of Northumberland Point, near Struisbaai. With many tonnes of tin littering the site, and tens of thousands of porcelain items, still packed in wooden crates, it was still the bales of tea that were by far the most highly-priced. The third saucer (#8: AN73/3h) is also from the WAN-LI period (1573-1619). The rim of the saucer is decorated with chrysanthemums alternated by the symbol for flaming pearls. Continued on page 11 OVERdeBERG


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.