in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sardane is van die plaaslike inwoners
Pyrénées-Orientales (Katalaans: Pirineus Orientals) is 'n Franse département (66) van die gewes Oksitanië. Die département is in die suide van Frankryk geleë en die hoofstad is Perpignan.
Die Themis-sonkragtoring
Pyrénées-Orientales het 'n oppervlak van 4 115 km2 en 'n bevolking van 481 000, waarvan 'n kwart in die hoofstad, Perpignan, woon. Ander dorpe met meer as 10 000 inwoners is Canet-en-Roussillon, Saint-Estève, Saint-Cyprien en Argelès-sur-Mer. Kleiner dorpe is Cabestany, Saint-Laurent-de-la-Salanque, Rivesaltes, Céret, Elne, Pia, Thuir, Bompas, Le Soler, Prades en Toulouges, elk met 6–10 000 inwoners.
Die Têtrivier is die grootste rivier wat deur Pyrénées-Orientales vloei, en mond uit in die Middellandse See.