in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Beweging van Onverbonde Lande (BOL; Engels: Non-Aligned Movement, NAM; Serwo-Kroaties: Pokret nesvrstanih; Frans: Mouvement des non-alignés, NAM; Spaans: Movimiento de Países No Alineados, MPNA; Portugees: Movimento Não-Alinhado, MNA) is 'n internasionale organisasie van lande, wat nie tot 'n militêre alliansie behoort nie en tydens die Koue Oorlog neutraal was. Die stigting van die organisasie is geïnisieer deur die Joego-Slawiese president Josip Broz Tito, die Egiptiese staatshoof Gamal Abdel Nasser, Ghana se eerste president Kwame Nkrumah, die Indiese eerste minister Jawaharlal Nehru en die Indonesiese president Sukarno. Dit is tydens 'n vergadering in Belgrado in 1961 gestig en later het talle lande van Afrika en Asië by die Beweging aangesluit. Die doelwitte is die gelykheid tussen die lande en 'n positiewe ekonomiese ontwikkeling van die lidlande.
Lande van die Bandung-konferenise in 1955
██ Lidlande ██ Waarnemende lande
In 2012 het die organisasie 120 lidlande en 17 waarnemende lande gehad.[1]
Die volgende lande is lede van die Beweging van Onverbonde Lande, gerangskik volgens kontinente, wys hul jaar van toetreding:[2]
Tans is elke land van Afrika (sonder Suid-Soedan en die Wes-Sahara) lid van die Beweging van Onverbonde Lande.
Die volgende lande en organisasies het waarnemende status:[1]
Die konferensie van die staatshoofde of regering van die Beweging van Onverbonde Lande, oftewel na Vergadering van die Beweging van Onverbonde Lande genoem, is die belangrikste vergadering in die beweging en word elke paar jaar gehou.[8]
Ander vergaderings (soos die Bali-vergadering vanaf 23 tot 27 Mei 2011) is gehou tussen die amptelike vergaderings. Die Beweging van Onverbonde Lande het sy 50ste verjaarsdag in Belgrado op 5-6 September 2011 gevier.[9][10]
- ↑ 1,0 1,1 (en) "NAM Members & Observers" Geargiveer 8 Februarie 2014 op Wayback Machine. 16th Summit of the Non-Aligned Movement, Teheran, 26–31 Augustus 2012. Besoek op 24 Augustus 2012.
- ↑ Cahoon, Ben. "Non-Aligned Movement (NAM)". World Statesmen.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2020. Besoek op 4 September 2012.
- ↑ (es) La Nación – Opinión – bl. 19: Los No Alineados, vir Lucio Garcia del Solar, 10 Oktober 2006.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) Final Document of the 7th Summit of the Non-Aligned Movement -(New Delhi Declaration) Geargiveer 8 Oktober 2011 op Wayback Machine
- ↑ 5,0 5,1 5,2 (en) "The Non-Aligned Movement: Member States" Geargiveer 9 Desember 2010 op Wayback Machine. XII Summit, Durban, Suid-Afrika, 2–3 September 1998. Besoek op 24 Augustus 2012.
- ↑ (en) Kin, Lai Kwok (2 September 1992). "Yugoslavia Casts Shadow over Non-Aligned Summit". Reuters (via The Independent. Besoek op 24 Augustus 2012.
- ↑ (en) "Castro elected President of Non-Aligned Movement Nations". People's Daily. 16 September 2006.
- ↑ (en) XV Summit of the Non-Aligned Movement, Sharm El Sheikh, 11–16 July 2009: Previous Summits Geargiveer 8 Oktober 2011 op Wayback Machine
- ↑ (en) Non-aligned again in Belgrade
- ↑ (en) Secretary-General's Message to Additional Commemorative Meeting of the Non-Aligned Movement
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.
|
|