Antebellum-Suid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Antebellum-Suid (ook bekend as die antebellumera of plantasie-era) was 'n tydperk in die geskiedenis van die Suidelike Verenigde State vanaf die einde van die Amerikaanse Revolusionêre Oorlog in 1783 tot die begin van die Amerikaanse Burgeroorlog in 1861. Die Antebellum-Suid is gekenmerk deur die gebruik van slawerny en die kultuur wat slawerny aangekweek het. Namate die era gevorder het, het suidelike intellektuele en leiers geleidelik oorgegaan van die verdediging van slawerny as 'n verleentheid en tydelike stelsel, na 'n volledige verdediging van slawerny as 'n positiewe deug, en het die ontluikende afskaffingsbeweging, of in Engels: abolitionist movement, sterk gekritiseer. Soos die land weswaarts uitgebrei het, het die uitbreiding van slawerny 'n belangrike aangeleentheid in die nasionale politiek geword en oorgekook in die Amerikaanse burgeroorlog. In die jare na die burgeroorlog is hierdie tydperk geromantiseer deur historiese revisioniste om slawerny en die slawe-meester-verhouding uit te beeld.[1][2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. King, Connor. "Lost Cause Textbooks: Civil War Education in the South from the 1890s to the 1920s". Besoek op 16 Julie 2021.
  2. Bonnell, Ulrich (1914). Jamaica Slave Plantation. WENTWORTH Press, 2016.