Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- vol
- Geheel en al gevul.
- Versadig; kan nie meer eet nie.
- Heeltemal; volledig; volkome.
- Draai die kraan toe, die swembad is vol.
- Ek is vol, dankie.
- Ons is vol vertroue dat dit sal reën; Kan ek julle volle aandag kry?
- «As die muis vol is, is die meel bitter.»
- As 'n mens voldoende geëet het, is die kos skielik nie meer lekker nie.
- Hy is vol draadwerk (vol nukke/ skelm plannetjies).
- Sy is vol barste en kwaste (nukke en grille).
- Hy is vol jakkalsstreke (geslepe planne).
- Sy is vol kaskenades (grappe en streke).
- My beker is vol (genoeg gehad, kan nie meer verdra nie).
- Loop voor die pad vol dubbeltjies is (loop sommer nou).
- Met die mond vol tande staan (niks te sê nie).
- Hy het sy hande vol (baie besig).
- Iemand die nek vol lieg (goed belieg).
- Van nuuskierigheid is die tronk vol (moenie so nuuskierig wees nie).
- Waar die hart van vol is, loop die mond van oor (mens praat maklik oor wat jou interesseer).
- Hy sit met 'n hand vol vlieë (al sy moeite het niks gehelp nie).
- leeg
- Hulp:IPA: [vɔl]
-
- Vlug van 'n voël, 'n vliegtuig.
- Diefstal of dit wat gesteel is.