in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tongaans (lea faka-Tonga) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die eilandnasie Tonga vorm. Die teks van Tonga se volkslied, Ko e fasi 'o e tu'i 'o e 'Otu Tonga, is in Tongaans.
Taalkundiges klassifiseer Tongaans as 'n Tongiese taal wat nou verwant aan Niuies van Niue is. Dit is ietwat minder verwant aan Oos-Polinesiese tale soos Cookeilandse Māori, Hawais, Māori, Rapa Nui en Tahitiaans asook Wes-Polinesiese tale soos Samoaans, Tokelauaans en Tuvaluaans, en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Fidjiaans.
Tongaans word deur sowat 180 910 mense gepraat.
Wikipedia