in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Afrikakrieketvereniging (Engels: Africa Cricket Association, afgekort “ACA”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Afrika. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1997 gestig en hulle hoofkantoor is in Benoni, Suid-Afrika, geleë. Die amptelike taal is Engels.
In Augustus 1997 is die Afrikakrieketvereniging in Harare, Zimbabwe, gestig deur Botswana, Kenia, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die Afrikakrieketvereniging organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Afrika T20I-beker vir nasionale seniorkrieketspanne vir mans, vroue en jeug. Dit organiseer ook die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.
Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) in Afrika volgens status: Volle lidlande met toetsstatus (2)
Geassosieerde lede met EDI-status (1)
Geassosieerde lede (17)
Voormalige of opgeskorte lede (3)
Nielede
Die Afrikakrieketvereniging het tans 22 lede:[2]
|
---|
Afrika | Botswana • Eswatini • Gambië • Ghana • Kameroen • Kenia • Lesotho • Malawi • Mali • Marokko • Mosambiek • Namibië • Nigerië • Rwanda • Seychelle • Sierra Leone • Sint Helena • Suid-Afrika • Tanzanië • Uganda • Zambië • Zimbabwe | |
---|
Amerikas | Argentinië • Bahamas • Belize • Bermuda • Brasilië • Chili • Costa Rica • Falkland-eilande • Kaaimanseilande • Kanada • Meksiko • Panama • Peru • Suriname • Turks- en Caicoseilande • Wes-Indië • Verenigde State |
---|
Asië | |
---|
Europa | België • Bulgarye • Denemarke • Duitsland • Eiland Man • Engeland • Estland • Finland • Frankryk • Gibraltar • Griekeland • Guernsey • Hongarye • Ierland • Israel • Italië • Jersey • Kroasië • Luxemburg • Malta • Nederland • Noorweë • Oostenryk • Portugal • Roemenië • Serwië • Siprus • Skotland • Slowenië • Spanje • Swede • Switserland • Tsjeggië • Turkye |
---|
Oos-Asië-Pasifiek | |
---|
Vetdruk dui op volle lede en skuinsdruk op assosiaatlede met huidige of voormalige EDI-status asook kriekettoernooi-ervaring |