www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Loperamied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Aliwal2012 (besprekings | bydraes) op 20:32, 18 Oktober 2013 (tikfout)

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Loperamied se chemiese struktuur
Bal-en-stokkie model van die loperamiedmolekuul

Loperamied, 'n piperidien-derivaat,[1] is 'n opiaatmedisyne wat gebruik word teen diarreë as gevolg van gastro-enteritis of inflammatoriese ingewandsiekte. Dit is in die meeste lande generies beskikbaar, bekende handelsname is Imodium, Lopex, Adco-loperamide, Gastron, en Lopedium. Dit is oorspronklik deur Janssen Pharmaceutica in België ontwikkel.[2]

Mediese gebruik

Loperamied is effektief teen verskeie vorms van akute en kroniese diarreë.[3] Daar is gewoonlik geen geneesmiddelbehandeling vir diarreë nodig nie, dus moet die middel slegs gebruik word as dit werklik noodsaaklik is.

Werkingsmeganisme

Loperamied is 'n opiaatreseptor-agonis. Die opiaatderivaat bind aan die opiaatreseptore in die dermkanaal waardeur onder meer die peristaltiese beweging van die derm verminder word. Loperamied verhoog ook die spiertonus van die dunderm en die kolon waardeur waterige ontlasting makliker gestop kan word. Omdat die peristalse verminder word, stop dit nie alleen die diarreë nie, maar ook die verdere spysvertering. Loperamied genees nie die oorsaak van die diarreë nie.

Teenaanwysings

Diarreë as gevolg van enige bepaalde vergiftiging of indringer-organisme is belangrike teenaanduidings. Die rede hiervoor is dat die gifstowwe dan binne die dermkanaal "vasgevang" word, waar dit tot groter skade en ongemak vir die pasiënt kan lei as wanneer dit eerder uitgeskei is saam met die diarreë-stoelgange.

Kinders jonger as 2 jaar mag nie met die middel behandel te word nie, weens gevaarlike newe-effekte. Vir kinders tussen 2 en 8 jaar moet loperamied saam met 'n orale rehidrasiemiddel (ORS) toegedien word. Die voubiljet gee aanwysings vir beperkte gebruik tydens swangerskap en borsvoeding.

Sien ook

Verwysings

  1. US National Cancer Institute, Drug Dictionary
  2. Stokbroekx, R. A.; Vanenberk, J.; Van Heertum, A. H. M. T.; Van Laar, G. M. L. W.; Van der Aa, M. J. M. C.; Van Bever, W. F. M.; Janssen, P. A. J. (1973). "Synthetic Antidiarrheal Agents. 2,2-Diphenyl-4-(4'-aryl-4'-hydroxypiperidino)butyramides". Journal of Medicinal Chemistry. 16 (7): 782–786. doi:10.1021/jm00265a009.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. Hanauer, S. B. (2008 Winter). "The Role of Loperamide in Gastrointestinal Disorders". Reviews in Gastroenterological Disorders. 8 (1): 15–20. PMID 18477966. {{cite journal}}: Gaan datum na in: |date= (hulp)

Eksterne skakels