in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Marcus Aurelius Antoninus (26 April 121 – 17 Maart 180) was 'n Romeinse keiser vanaf 161 tot 180. Hy het saam met Lucius Verus as mede-keiser regeer vanaf 161 tot Verus se dood in 169 en saam met Commodus vanaf 177 tot en met sy dood in 180.[1]
In die 170s n.C. het die Romeinse keiser Marcus Aurelius twaalf 'boeke' van morele aforismes in Grieks neergepen. Hierdie sogenaamde Meditasies bied 'n uitdaging aan die vertaler weens die onewe aard van die materiaal - soms staccato, soms ietwat warrig; soms filosofies-teoreties, dan weer prakties.[2]
Aurelius se Meditasies is direk uit die Grieks na Afrikaans vertaal deur Francois Bredenkamp, 'n klassikus verbonde aan die TUT, en in 2007 is die boek deur Protea Boekhuis uitgegee.
- Swart, Marius J.: Raar leiers. Stellenbosch: U.U.B., 1967.