www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Plesierboot: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
Voyageur (besprekings | bydraes)
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
kNo edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
Lyn 16: Lyn 16:


Vloeibare gas (LNG) is 'n moontlike alternatief as brandstof wat tans net deur enkele plesierbote gebruik word. Omgewingsbewaarders pleit nogtans vir alternatiewe, nie-fossiele energiebronne.
Vloeibare gas (LNG) is 'n moontlike alternatief as brandstof wat tans net deur enkele plesierbote gebruik word. Omgewingsbewaarders pleit nogtans vir alternatiewe, nie-fossiele energiebronne.
{{clear}}


{{clear}}
== Verwysings ==
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
{{Verwysings}}

{{Normdata}}


[[Kategorie:Skepe]]
[[Kategorie:Skepe]]

Wysiging soos op 06:10, 16 Augustus 2019

Die MS Oasis of the Seas, wat deur die redery Royal Caribbean International bedryf word en sy tuishawe in Nassau, Bahama-eilande het, word onder die wêreld se megaskepe gereken - met 'n lengte van 360 meter en plek vir 'n maksimum van Meer as 6 000 passasiers in kajuite op sestien dekke
Die MS Oasis of the Seas se loopgang en amfiteater

'n Plesierboot is 'n passasierskip wat vir toerismedoeleindes bedryf word om aan betalende gaste die ervaring van 'n seereis ter ontspanning te bied, met allerlei gerieflikhede soos vermaak en sport aan boord. Dit verskil sodoende van skepe wat 'n blote vervoerdiens aan passasiers verskaf en hulle van een seehawe na 'n ander neem. So word daar ook plesierbootvaarte aangebied waartydens die skip nie in enige hawe aandoen nie, maar aan die einde van die seereis na die vertrekhawe terugkeer. 'n Tweede, kleiner kategorie plesierbote is ontwerp vir riviervaarte.

Histories het plesierbote uit groot oseaanskepe soos byvoorbeeld die transatlantiese passasierskepe ontwikkel wat deur rederye op geskeduleerde roetes gebruik en teen die middel van die 20ste eeu deur stralervliegtuie verdring is. Hulle is van 'n hoër vryboord en 'n massiewer romp met dikker metaallae voorsien om 'n ruwe see op die oop oseaan te weerstaan. Hulle is daarnaas gekenmerk deur groter stoorkapasiteit vir brandstof, voedsel en ander benodigdhede. Alhoewel hulle van baie gerieflikhede vir passasiers voorsien is, is hulle minder geskik vir blote plesierreise in die tydperk van massatoerisme. So is hul brandstofverbruik merkbaar hoër, terwyl hul groter diepgang hulle tot aanlêplekke in die grootste seehawens beperk. Hul passierskajuite is meestal ontwerp om 'n maksimum-getal passasiers te akkommodeer - met 'n groot persentasie vensterlose kajuite en geslote weervaste skeepsdekke wat in tropiese klimaatstreke as onaangenaam ervaar word.

Met die geleidelike oorgang van groot oseaanskepe na moderne plesierbote is ontwerpe tegnologies aan veranderde behoeftes aangepas. So is die seevaardigheid ietwat verminder ter wille van meer gerieflikhede soos 'n groter aantal buitekajuite met balkonne. Akkommodasie van passasiers is sodoende verskuif van die romp se binnegedeeltes na 'n skip se superstruktuur. Meer onlangse ontwikkelinge soos die sterk groei in passasiersgetalle het bygedra tot die bou van sogenaamde megaskepe.

Tegnologie

'n Vinstabilisator word sigbaar nadat die Italiaanse plesierboot Costa Concordia in 2012 in die Tirreense See verongeluk en gekelder het
Die MS Oasis of the Seas vertrek uit Rotterdam-hawe
Die Spirit of Discovery in 2019 in die skeepswerf Meyer Werft in Papenburg, Nedersakse, Duitsland

Twee belangrike uitdagings vir skeepsbou-ingenieurs is stabilisasie om rolbewegings te verminder en die ontwikkeling van enjins wat gebruik kan maak van alternatiewe energiebronne vir die aandrywing van motors en kragopwekking aan boord. Om die slingering van 'n skip teen te werk, word byvoorbeeld vinstabilisatore gebruik, bestaande uit 'n girokompas wat met vinne verbind word. Die vinne word net onder die wateroppervlak aan die breedste deel van die skeepsromp vasgeheg.

Die meeste plesierbote maak gebruik van dieselelektriese aandrywing waar meganiese energie met groot dieselenjins opgewek en deur middel van 'n generator in elektriese energie omgeskakel wat dan oorgedra word na die aandrywingstelsel van die skeepsmasjinerie. Skepsdieselenjins is omstrede vanweë die brandstof wat vir hulle gebruik word - swaarolie (kort HFO genoem, as afkorting van die Engelse benaming heavy fuel oil), 'n teeragtige afvalproduk van olieraffinering wat deur sy hoë swaeldioksied-vrystelling en roetpartikels lugbesoedeling veroorsaak. Wanneer plesierbote in hawens voor anker lê, word die dieselenjins steeds permanent bedryf om krag aan boord op te wek. Kritici dring daarop dat plesierbote in hawens by landgebonde kragnetwerke ingeskakel word vir elektrisiteitsvoorsiening.[1]

Vloeibare gas (LNG) is 'n moontlike alternatief as brandstof wat tans net deur enkele plesierbote gebruik word. Omgewingsbewaarders pleit nogtans vir alternatiewe, nie-fossiele energiebronne.

Verwysings