www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

Gaan na inhoud

Lambeth-paleis: Verskil tussen weergawes

Koördinate: 51°29′44″N 0°7′11″W / 51.49556°N 0.11972°W / 51.49556; -0.11972
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
No edit summary
 
Lyn 14: Lyn 14:
{{Koördinate|51|29|44|N|0|7|11|W|region:GB_type:landmark|aansig=titel}}
{{Koördinate|51|29|44|N|0|7|11|W|region:GB_type:landmark|aansig=titel}}


[[Kategorie:Geboue en strukture in Londen]]
[[Kategorie:Paleise in Londen]]
[[Kategorie:Paleise in die Verenigde Koninkryk]]

Huidige wysiging sedert 05:58, 15 Mei 2021

Die Lambeth-paleis
Die baksteengebou by die ingang van die Lambeth-paleis

Lambeth-paleis (Engels: Lambeth Palace) is die ampswoning van die Aartsbiskop van Kantelberg (Engels: Canterbury) in Londen. Die paleis is op die suidelike wal van die rivier Teems 'n kort afstand van die Paleis van Westminster.

Lambeth-paleis is sedert 1197 in die besit van die Aartsbiskoppe van Kantelberg en het tydens die laat Middeleeue bekendheid verwerf as hulle amptelike woning. Thomas Cranmer het hier in 1547 die English Prayer Book geskryf, maar daar is ook sterk kritiek teen hom ingebring nadat hy gedurende vastyd vleis in die paleis se Groot Saal (Great Hall) geniet het.

Die bekende rooi baksteengebou by die ingang dateer uit die jaar 1495, en die toring vlakby het vroeër deel uitgemaak van die St Mary Lambeth-kerk uit die 15de eeu.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

51°29′44″N 0°7′11″W / 51.49556°N 0.11972°W / 51.49556; -0.11972