www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Loof die Here

'n Program van gewyde musiek.

MEER INLIGTING
Partly Cloudy 9°/22°
WEER Wind: OSO
Afrikaanse radio - 'n driekwarteeu jonk!
TERUG NA AANBIEDERS

Cobus Bester

Cobus Bester

Biografie

Cobus Bester het in 1978 by die SAUK se TV-Bedryfsafdeling begin werk. Ná ervaring as beeldkontroleur op televisieproduksies (hoofsaaklik ernstige musiek, kinderprogramme en nuus) is hy aangestel as tegniese regisseur by TV Nuus met die verantwoordelikheid om met sy span die aand se televisienuusprogramme uit te saai.

Hierna word hy aangestel as nuusskrywer by televisienuus, waarna hy op die Ekonomiese Redaksie aangestel word as verslaggewer - ‘n pos wat hom ook die eerste keer blootstellig gee aan radio.

In 1983 word hy joernalis/regisseur by die destydse nuusprogram, Nuusfokus/News Focus en in 1985 sluit hy heeltyds by Monitor aan as verslaggewer in Durban.

In 1986 is hy terug na die Ekonomiese Redaksie waar hy onder meer verantwoordelikheid aanvaar vir die regie van die destydse weeklikse beleggingsprogram op TV, Diagonal Street.

In 1993 word hy bevorder tot Ekonomiese Redakteur (Radionuus). Hy het in 1999 ‘n uitnodiging aanvaar om heeltydse aanbieder van Monitor te word.

Cobus en sy twee seuns is ywerige seiljagvaarders.

e-pos: cobus@rsg.co.za

 

Cobus Se Programme

Monitor

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag, 06:00-08:00