www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Tjil

Tjilmusiek vir die laataand.

MEER INLIGTING
Clear 4°/18°
WEER Wind: N
TERUG NA AANBIEDERS

Chris Swanepoel

Chris Swanepoel

Biografie

Chris Swanepoel het in 1983 as junior omroeper/regisseur by die destydse Afrikaanse Radiodiens in Kaapstad begin werk waar hy vandag programbestuurder van RSG se Wes-Kaapse kantoor is. Aanvanklik doen hy aktualiteitsverslaggewing vir MONITOR & SPITSTYD,  maar raak later betrokke by algemene omroepwerk, krieketkommentaar en tree ook op as programleier van reekse soos GESIN ‘85DIE GOEIE AARDE, STEM VAN DIE SEE, SO HET DIT GEBEUR en ook GESKIEDENIS EN PERSPEKTIEF. Chris was ook sedert 1995 verantwoordelik vir RSG se betrokkenheid by die KKNK op Oudtshoorn. Chris Swanepoel onderskei hom veral as hoorbeeldmaker met programme soos: NUWE WYN IN OU VATE (1987),  ‘n program oor die kuipersberoep; DIEDERIK VAN DUNDEE (1989) oor D.J. Opperman waavoor hy die ATKV-radioprys ontvang; S.V. PETERSEN - KIND VAN DIE DAL (1989),  bekroon met ‘n Artes-merieteprys; LIESBET VAN DIE LETTERE (1990) oor Elisabeth Eybers wat vir die tweede agtereenvolgende jaar die ATKV-radioprys aan hom besorg en TOEMAAR DIE DONKER MAN (1993) oor Ingrid Jonker wat aan hom die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se SAUK-Radioprys vir 1994 besorg.

e-pos: chris@rsg.co.za

 

Chris Se Programme

Hoe verklaar jy dit?

Sondag, 11:30-12:00

MEDIAFOTO'S

Chris Swanepoel