www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Tjailatyd

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, groensake, etiket en resepte! Die lekkerste musiek sal jou in 'n japtrap by die huis kry!

MEER INLIGTING
Fair 13°/26°
WEER Wind: N
Afrikaanse radio - 'n driekwarteeu jonk!
TERUG NA AANBIEDERS

Martelize Brink

Martelize Brink

Biografie

Martelize het in 2004 haar stem vir die eerste keer op RSG laat hoor. Sy hou haar besig met Oggend op RSG en dokumentêre programme.

Martelize se filosofie in die lewe is: Jy doen sleg wanneer jy niks goed doen nie.

Sy is op haar gelukkigste wanneer sy saam met vriende om 'n tafel kuier met lekker kos en 'n goeie glas rooiwyn. Musiek is haar passie en 'n solokitaarsessie by die huis is net wat sy nodig het om die stres 'n bietjie te laat wyk. Martelize is ook baie lief vir kook en is verslaaf aan oefening.

In haar vrye tyd tree sy gereeld as motiveringspreker en seremoniemeester op. “Dit lyk my mense voel ook ek het 'n sekere vlak van wysheid om met die wêreld te deel,” sê sy.

Kinders lê Martelize ook na aan die hart, daarom sou sy graag wou betrokke raak by 'n organisasie soos SOS Villages om kinders te help.

e-pos: brink@rsg.co.za

 

Martelize Se Programme

Oggend op RSG

Maandag, Dinsdag, Woensdag, Donderdag en Vrydag, 09:00-12:00

MARTELIZE SE FOTO'S

Oggend op RSG

MEDIAFOTO'S

Martelize Brink