www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Brêkfis met Derrich

'n Op en wakker Sateroggendkuier met musiek, kompetisies en alles van visvang en tuinmaak tot omgewingsake en pleisters vir jou siel.

MEER INLIGTING
Fair 13°/28°
WEER Wind: N
Afrikaanse radio - 'n driekwarteeu jonk!

luister Nou

Jy kan nou enige plek In die wêreld regstreeks na RSG luister. RSG word met Windows Media tegnologie uitgesaai deur ANTFARM.

wmp 7

Jy het Windows Media Player 7 of later nodig om na die klankstroom te luister. As dit nie op jou rekenaar gelaai is nie, of jy wil die jongste weergawe aflaai, klik op die betrokke skakel hieronder.

wmp 7

As jy 'n Apple MAC gebruiker is, klik hier en die stroom sal Media Player oopmaak.

As jy probleme met die klankstroom ondervind, kyk in die "Help"-afdeling hieronder.

Hoe om die klankstroom te speel

    - Sodra jy die regte weergawe van Windows Media Player het en seker gemaak het dat "embedded controls" deur jou "browser" toegelaat word, klik op Luister nou na RSG!

    - Die speler sal in 'n "pop-up"-venster oopmaak. Daar sal 'n kort vertraging wees terwyl dit met die netwerk skakel. Jy sal 'n boodskap kry oor "buffering", en sodra dit 100% wys, sal jy RSG se uitsending hoor.

    - As die klankstroom stadig of gebroke is, stel die buffer in Windows Media Player op 30 sekondes of meer.

HELP

Ek het 'n probleem om die klankstroom te speel.
Ek sien 'n pop-up venster en RSG se logo, maar niks gebeur ni

- Jou browser kan nie die embedded Media Player oopmaak nie omdat dit nie ondersteun word nie of omdat jou browser se veiligheidsinstellings nie embedded controls toelaat nie – As jy IE, Netscape of 'n Mozilla browser gebruik, gaan die veiligheidsinstellings na en maak seker dat dit embedded of ActiveX controls toelaat.

- Daar is geen verbinding met die netwerk nie: Jou verbinding met die internet is foutief of nie stabiel nie - of die naaste netwerk afleweringspunt is af of baie besig. Gaan jou verbinding na – wag 'n rukkie en probeer weer. As jy van 'n kantoor of maatskappy af probeer inskakel, vra jou network administrateurs of hulle klankstrome oor die internet toelaat.

- Die klankstroom breek kort-kort op en/of stop heeltemal: Kongestie op die internet....of kongestie op jou lyn? Die laaste geval is gewoonlik die probleem – probeer om weer in te skakel of probeer om minder bandwydte te gebruik deur ander browsing- of aflaaisessies toe te maak.

- Ek ondervind steeds 'n probleem....wat nou? Probeer die Windows Media Support Center Pages deur hier te klik. Of kontak ons en ons sal probeer om jou te help.

Luister agter 'n maatskappy- of persoonlike vuurmuur (firewall) of proxy:

Vuurmure en rekenaarbeveiligingsagteware kan soms jou rekenaar verbied om klankstrome oor die internet te ontvang. Jy sal dalk 'n addisionele poort in jou vuurmuur moet oopmaak. Hierdie dokument verduidelik hoe Windows Media op vuurmure reageer en gee voorstelle hoe om jou vuurmuur op te stel om klankstrome te ontvang. Klik hier vir die vuurmuur- en poorte-dokument.

Het jy steeds 'n probleem? Klik hier om ons te kontak

[Saamgestel deur Antfarm! © 2004]