www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Empty
00:00-05:00
Deurnag (Saterdag)

00:00 - 01:00 Afrikaanse musiek
01:00 - 02:00 Praat Saam (herhaling)
02:00 - 03:00 Dis klassiek (herhaling)
03:00 - 04:00 Oggendboekvoorlesing-omnibus (herhaling)
04:00 - 05:00 Ligte musiekreeks (herhaling)

MEER INLIGTING
Fair 9°/23°
WEER Wind: NNO
TERUG

Loslip

Loslip
Maandag tot Vrydag - 14:00-14:45

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!

RSS-voer

AANBIEDERS

VORIGE PROGRAMME

  • 14:00-14:45

    Vrydag 3 Augustus 2012

    Hoe provinsialisties is jy? Al skree jy nie vir die Sharks nie, sal jy hulle ondersteun om die Super 15 titel na Suid-Afrika toe te bring?

  • 14:00-14:45

    Donderdag 2 Augustus 2012

    Soos 'n mens meer ondervinding opdoen, ontwikkel jy 'n smaak vir dinge waarvan jy nie oorspronklik gehou het nie. Jy het byvoorbeeld eers net soeter wyn gedrink en geniet later die fyner nuanses van droër wyne. Hou jy by dieselfde dinge of stel jy nuwe smake op die proef? Wat geniet jy deesdae waarvan jy voorheen nie juis gehou het nie?

    Loslip 2 Augustus 2012

    Laai die mp3 af (25 497KB)

  • 14:00-14:45

    Woensdag 1 Augustus 2012

    Volgens 'n verslag van die Wêreldbank het 'n Suid-Arikaanse kind wat in 'n voorstad grootword 'n baie beter kans om later in sy lewe ekonomies suksesvol te wees as kinders van 'n township of die platteland. Doen jy dan jou kind 'n guns as jy wil hê hy moet op die plattekland grootword "waar kinders nog in die strate kan speel?" Moet jy hom nie eerder straatwys maak in die stad nie?

    Loslip 1 Augustus 2012

    Laai die mp3 af (27 759KB)

  • 14:00-14:45

    Dinsdag 31 Julie 2012

    Vir amper elke liedjie is daar iemand wat dit as "gemors" bestempel en iemand wat dit "hemelse klanke" noem. Wat bepaal of ons mal is oor 'n liedjie, of mal word van 'n liedjie? Het dit iets met opvoeding te doen of met die musiek wat jy as kind in jou ouerhuis gehoor het?

    Loslip 31 Julie 2012

    Laai die mp3 af (26 095KB)

  • 14:00-14:45

    Maandag 30 Julie 2012

    Dr. Gerda de Villiers, 'n teoloog van Pretoria, het pas 'n artikel gepubliseer met die titel Satan in die Ou Testament. Sy kom tot die gevolgtrekking dat hoewel die woord Satan soms in die Ou testament voorkom, beteken dit bloot teenstander en verwys dit nie na 'n spesifieke wese met 'n persoonlike identiteit wat Satan heet nie. Die konsep van Satan as bose en as die Here se aartsvyand was nie deel van Ou Israel se geloof nie. Die artikel het natuurlik 'n vurige debat laat ontstaan. Die trant daarvan laat 'n mens egter wonder hoekom die meeste Christene so traag is om nuut oor hulle geloof te dink. Artikels soos hierdie deur mede Christene is tog 'n opregte soeke na die waarheid, dan nie? Hoe weet mense wat dit summier as dwaalleer afmaak dis nie dalk húlle wat met 'n dwaalleer grootgeword het nie?

    Loslip 30 Julie 2012

    Laai die mp3 af (25 601KB)