www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Oggendstemming

Verkwikkende musiek vir die vroeë Sondagoggend.

MEER INLIGTING
Fair 5°/17°
WEER Wind: NO
TERUG NA AANBIEDERS

Terrance April

Terrance April

Biografie

Terrance het in 1995 by RSG begin toe dit nog Afrikaans Stereo was. “Ek het eers diens gedoen in die Kaapse kantoor waarna ek in 2005 in Johannesburg aangesluit het.”

In sy pos as programbestuurder is hy verantwoordelik vir die bestuur van die uitsaaiproduk op die lug. Dit sluit in die verskillende genres soos drama, sport, joernaal- en musiekprogramme. Hy is ook verantwoordelik vir aanbieding en fokus hy op die uitsaai-energie van omroepers, taalkorrektheid, stemregisters, tempo van aanbieding ens.

Oor sy benadering ten opsigte van die lewe sê Terrance: “Die lewe is baie kort en ons kry almal net een kans. So, leef voluit en geniet dit wat jy doen. Vermy negatiwiteit en sien die mooi in alles raak.”
Hy glo ook 'n mens moet jou lewe sinvol maak deur klein bydraes op die beste manier te lewer.

Terrance se passie is om ander kulture en wêrelddele te ervaar. “So verbreed ek my horisonne en maak ek kennis met ander menings,” sê hy.

Verder glo Terrance die rol wat kuns kan speel om mense te verryk word dikwels geringgeskat en hy help graag daarmee.

e-pos: terrance@rsg.co.za

 

Terrance Se Programme

Die Barokperiode

Sondag, 10:00-11:00

Musiekbonbons

Donderdag, 21:10-22:00
SIEN ALLES

PROMOSIES

Die Barokperiode

Die Barokperiode

10:00-11:00 | Sondag 29 Julie 2012


Terrance April fokus op nog ‘n aantal komponiste uit die Vroeg-Barokperiode, soos Froberger, Strozzi en Biber.


MEER

MEDIAFOTO'S

Terrance April