www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

English |  Afrikaans |    
  
Meer oor UP

Kampusse

Die Universiteit van Pretoria is in die Tshwane-metropool geleë. Die amptelike adres van die Universiteit is: Universiteit van Pretoria, Lynnwoodweg, Hillcrest, Pretoria, Suid-Afrika, 0002.

Die volgende akademiese kampusse val onder die Universiteit van Pretoria:

  • Die Hatfield-kampus in Pretoria wat ses fakulteite het (insluitend die Proefplaas, die LC de Villiers sportfasiliteite en verblyf );
  • Die Groenkloof-kampus wat die Fakulteit Opvoeding huisves;
  • Die Mamelodi-kampus wat in 2004 by die Universiteit van Pretoria ingelyf is in terme van Afdeling 24 van die Wet op Hoër Onderwys, Nr 101 van1997, as deel van die herstrukturering van die Suid-Afrikaanse hoëronderwysstelsel;
  • Die Prinshof-kampus wat die Fakulteit Gesondheidsdienste huisves. Die Fakulteit Gesondheidsdiente is in 'n aantal hospitale in drie provinsies werksaam;
  • Die Onderstepoort-kampus wat die Fakulteit  Veeartsenykunde huisves;
  • Die Sandton-kampus in Illovo wat die Gordon Instituut van Handelswetenskap huisves;
  • 'n Aantal ander terreine wat die Hammanskraal-kampus en proefplase insluit.

Die Hatfield-kampus