www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

English |  Afrikaans |    
  
Meer oor UP

Meer oor die Universiteit van Pretoria

UP is die leidende navorsingsuniversiteit in Suid-Afrika en een van die grootste universiteite in die land.

Die Universiteit het sewe kampusse en sit ook sy bedrywighede voort op 'n aantal ander persele, soos Pretoria Akademiese Hospitaal. Die sentrale administrasie is op die Hatfield-kampus gesetel.

Die Universiteit van Pretoria bied meer as 1 800 akademiese programme aan in twee van die amptelike landstale, Afrikaans en Engels. (Sekere programme en modules word net in Engels aangebied.)

In 1996 het UP die universiteit met die hoogste navorsingsuitset in Suid-Afrika geword en ons beklee steeds dié status.

Die Universiteit van Pretoria het sy Eeufees in 2008 gevier.

Ons akademiese programme word in nege fakulteite en 'n sakeskool aangebied. Die fakulteite is saamgestel uit 140 departemente en 85 sentrums, institute en buro's.

UP is 'n leier op die gebied van hoër onderwys in Suid-Afrika en ons werk nou saam met wêreldklas-vennote om volhoubare uitmuntendheid in leer en onderrig te verseker.
 

Fakulteite:

Sakeskool:

 

Nuus