www.fgks.org   »   [go: up one dir, main page]

English |  Afrikaans |    
  
Objekte-bewaringsfasiliteit


UP Kunste Objekte-bewaringsfasiliteit


Kontakinligting:

Bewaarders: Sian Tiley-Nel & Isabelle Barrier
Ure: Slegs per afspraak
Tel:  012 420 5181  ♦ Faks: 012 420 4918
E-pos: sian.tiley@up.ac.za & isabelle.barrier@up.ac.za

Meer oor die fasiliteit

Die fasiliteit se missie is om die Universiteit te dien deur kennis van die wetenskap van tussenkomende objektebewaring te bevorder en die resultate van objektegebaseerde navorsing aan alle gehore deur middel van publikasie en uitstallings te kommunikeer, sowel as om ‘n praktiese grondslag vir opleiding aan studente te bied.

Die fasiliteit se medebestuurders is tans Sian Tiley-Nel, Kurator van die Mapungubwe Museum, en Isabelle Barrier, die museumassistent. Alhoewel beide as argeoloë opgelei is, is hul ook opgeleide bewaarders en dien hulle as lede van die “South African Guild of Ceramic Conservators and Restorers”.

Die fasiliteit lewer diens aan die UP Kunste- en Erfenisversamelings, wat hoofsaaklik bestaan uit die Mapungubwe Museum, Edoardo Villa Museum, Anton van Wouw Museum en die Van Tilburg Museum, sowel as die Universiteit van Pretoria se omvattende ander kleiner versamelings. Die bewaringsfasiliteit bied ‘n gespesialiseerde voorkomende en tussenkomende (herstellende) bewaringsdiens aan, insluitend professionele advies oor ‘n reeks materiale wat strek van laaggevuurde keramiek, insluitend porselein, steen, been, ivoor, glas, metale, tot pleisterwerk. Professionele museumversameling-bestuurspraktyk word deur die Objektebewaringsfasiliteit geïmplementeer, wat ook as ‘n amptelike erfeniskuratorsfasiliteit dien.  

Die Objektebewaringsfasiliteit bied ook ‘n openbare diens aan vir die restourasie van keramiekwerk, metale, steen en ander tipes materiale.  

 

 

Nuus